Tieners se ‘gesonde’ eetpatrone dalk nie so gesond nie


Baie tieners het deesdae baie definitiewe idees oor hul eetpatrone. Sommige is sterk vegetaries, ander is intense Banters. Kan hulle voedingstekorte opdoen as hulle nie genoeg melk drink nie? Hulle wil nie vet wees nie, maar doen hulle hulsef skade aan deur hul gesondheidsbewuste eetpatrone wat dalk nie so gesond is nie? Hoe kan hulle eet om skraal te bly maar genoeg energie te hê om oefening te doen?

Luister hier na die program waarin Marí Hudson gesels het met Celeste Naudé, geregistreerde dieetkundige en navorser by die Sentrum vir bewys-gebaseerde gesondheidsorg aan die Universiteit van Stellenbosch en Tygerberg Hospitaal.

Aspekte wat bespreek is, sluit in:

  • Hoe gesond is ‘n vegan-leefwyse en watter tekorte kan onstaan as ‘n tiener nie dierlike produkte inneem nie? Die grootste probleme sluit in ‘n tekort aan yster, Vitamien B12, kalsium em omega-3-vetsure.
  • Wat kan gebeur as ‘n tiener nie melk wil drink nie omdat sy bang is dit maak haar vet?
  • Waarteen moet ‘n intense Banter waak? Wat is die gevaar van chroniese ketose, wat gou kan ontwikkel as mens nie voldoende koolhidrate inneem nie? Want ketoonliggame kan jou asem baie sleg laat ruik, jou nierfunksie aantas en ‘n gebrek aan koolhidrate – en ons praat hier van volgrane, lae-GI koolhidrate, peulgroente, bone ens en nie van tjokolade, lekkers, koekies en ander hoë-GI suikers wat gelaai is met suiker en tot groot fluktuasies in insulienvlakke kan lei nie – kan tot baie lae energievlakke en lusteloosheid lei.
  • Kan sogenaamde alkaliese kosse jou liggaam meer alkalies maak? Nee, dit kan beslis nie jou bloed se pH verander nie, en as dit wel die pH meer suur maak, sal jy baie baie siek word.
  • Die BMI van ‘n tiener word anders gemeet as dié van ‘n volwassene. Klik hier om die tabel te sien: BMI for Kinders en tieners 2 – 2 – 20 jaar ouderdom, maar dis nie in metrieke mate beskikbaar nie.
    Só lyk die BMI tabel wat vir ouderdom aangepas is. As jy jou BMI op die grootmens-manier bereken het – bereken dit hier in metrieke mate– kan jy dit dan op grafiek volgens jou ouderdom plot.
Hoe kan tieners en ook bejaardes eet om gesond te bly?

Hoe kan tieners eet om genoeg energie te hê, maar nie te vet of te maer word nie? En wat van ouer mense wat nie meer lus is vir baie kos nie? Hoe kan hulle eet om die nodige voedingstowwe in te kry sonder om te maer te word? Marí Hudson gesels met ‘n dieetkundige om oplossings vir dié dilemmas te vind.