Die donker stryd van Tik-babas


‘n Skokkende aantal vroue gebruik tik tydens hulle swangerskap, met verdoemende gevolge vir baba en ma, verduidelik Prof Johan Smith, (foto regs) hoof van die neonatale eenheid van die departement van Pediatrie by die Tygerberg Hospitaal en die Universiteit van Stellenbosch se mediese skool.

‘n Baba wie se ma ‘n tikverslaafde is, het ‘n donker en moeilike stryd om te oorleef. As hulle dit wel maak na ‘n moontlike vroeg geboorte, is die kanse skraal dat hulle net “normaal” sal funksioneer, veral as hul ma ‘n tikverslaafde is.

Die statistiek is verdoemend. Suid-Afrika het die hoogste syfer van vroeggebore babas in Afrika en in ontwikkelde lande. Een uit elke vyf babas word vroeggebore, die ma sal waarskynlik met hoë bloeddruk gediagnoseer word en baba se breinselle ontwikkel stadig, indien wel.

Sommige babas het selfs na geboorte ontrekkingssimptome want hulle het as fetus die dwelm deur hul ingekry het. Die pasgebore baba sal kreun en huil van erge pyn en die lyfie kry ook stuiptrekkings soos ‘n volwassene wat in rehabilitasie is.

Met byna 70 000 geboortes in die Weskaap, word sowat 4 200 babas aan tik blootgestel. En dit is slegs in een provinsie.

Die gevare van swanger ma’s wat verslaaf is aan tik, drank of ander dwelms laat nie baba ongeskonde nie.  Luister self na die program op Praat Saam, aangebied deur Lynette Francis.

Luister hier.

‘n Enkele voorbeeld hoe Tik ‘n mens verander