Tipe 2 Diabetes – opwindende nuus


Toe die resultate van studies met ‘n nuwe soort anti-diabetesmiddel onlangs op die groot Europese diabeteskongres in Swede bekend gemaak is, het dit ‘n beroering onder die kongresgangers veroorsaak. Die diabetes-spesialiste, interniste en endokrinoloë van oor die wêreld in spontaan begin handeklap toe hulle die eerste keer die bevindings van die studie sien, want vir die eerste keer ooit het ‘n anti-diabetesmiddel getoon dat die gebruik van die middel ‘n diabetes-pasiënt se risiko vir hartsiektes verlaag. Dít is belangrike nuus, want hartsiektes (en gevolglike hartaanvalle) is die grootste oorsaak van dood van diabetes-pasiënte.

Luister na die program oor tipe 2 diabetes waar die nuus oor die middel bekend gemaak is, saam met ander diabetes-inligting.

Die nuwe middel werk só:
Een van 8 hoofdinge wat in ‘n mens met tipe 2 diabetes verkeerd loop, is dat die niere minder van die oortollige suiker (glukose) uitskei, wat daartoe lei dat al meer glukose in die bloedstroom agterbly. As die niere meer van die oortollige glukose uitskei, is daar minder sirkulerende glukose in die bloed, en is daar ‘n kleiner kans vir newe-effekte. En dis presies wat die nuwe middel doen: dit laat die niere toe om meer glukose uit te skei.
Ander anti-diabetesmiddels slaag daarin om die newe-effekte op die oë, niere en senuweestelsel te verminder, maar geen middel kon nog daarin slaag om die risiko vir hartsterftes te verminder nie. Die nuwe middel is die eerste een wat dit regkry. (Kyk na die diagramme onderaan die artikel).

Die nuwe middel sal hopelik van volgende jaar in Suid-Afrika beskikbaar wees.

Hier is die skakel na die nuutste program oor tipe 2 diabetes, waarin dr. Marius Wasserfall die behandeling bespreek op grond van luisteraarsvrae. (Ek plaas die skakel sodra dit op potgooi beskikbaar is).

Luister gerus na die vorige programme oor tipe  2 diabetes waar Marí Hudson met dr. Wasserfall gesels het.
Deel 1

Deel 2

Diabetes-vrae word beantwoord.

Die 8 hoofdinge wat verkeerd loop in jou liggaam en tot tipe 2 diabetes lei, is die volgende:

  1. Insulienweerstandigheid
  2. Pankreas vervaardig minder insulien
  3. Pankreas vervaardig meer glukagon
  4. Die lewer produseer meer lewerglukose
  5. Die niere verwyder minder glukose uit jou sisteem
  6. Meer vet word afgebreek, wat tot ketose kan lei en weer meer druk plaas op die niere
  7. Die inkretien-effek word onderdruk en dit keer dat die pankreas die nodige insulien vervaardig
  8. Neurotransmitters in die brein verander

 

 

Die nuwe middel is die eerste anti-diabetesmiddel wat die risiko vir hartaanvalle kan verlaag in diabetes pasiënte

Die nuwe middel is die eerste anti-diabetesmiddel wat die risiko vir hartaanvalle kan verlaag in diabetes pasiënte

Die die verskil tussen die rooi lyn (met die nuwe middel) en die swart lyn (sonder enige middel of met enige ander anti-diabetesmiddel) die sterftes weens hartsiekte verlaag word in diabetes pasiënte

Die die verskil tussen die rooi lyn (met die nuwe middel) en die swart lyn (sonder enige middel of met enige ander anti-diabetesmiddel) die sterftes weens hartsiekte verlaag word in diabetes pasiënte