Trek jy jou hare uit? Daar’s hulp!


Trek jy jou hare uit sodat daar kaal kolle op jou kop verskyn wat jy moet kamoefleer? Doen jy dit sonder dat jy weet? Het jy al probeer ophou, maar kan nie sonder hulp nie?

Luister na die potgooi van die program oor obsessief-kompulsiewe stoornis (OKS, of OCD in Engels) en die spesifieke fokus op kompulsiewe hare-uittrek, uitgesaai Woensdag 2 Maart 2016.

As jy prof. Christine Lochner by die Mediese Navorsingsraad en die Universiteit van Stellenbosch se mediese skool en Derine Sandenbergh, kliniese sielkundige verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch wil kontak oor die studie wat hulle oor ‘n nuwe behandelingsmetode gaan doen, hier is hulle eposse:
Prof Christine Lochner: cl2@sun.ac.za
Derine Sandenbergh:  Derine.Sandenbergh@westerncape.gov.za