Verbeter jou breinkapasiteit


Danksy dramatiese vooruitgang navorsing oor hoe die brein werk, is dit nou moontlik hierdie kennis toe te pas om mense van alle ouderdomme te help om beter en makliker te leer en te onthou.

Anders as wat voorheen gereken is, hou die brein nooit op om nuwe breinbane te ontwikkel nie, al verstadig die proses wel met ouderdom. Dit is dus nooit te laat om nuwe inligting te verwerk en te onthou nie.

Volgens een van Suid-Afrika se voorste kenners op die gebied van neurowetenskap, dr Etienne van die Walt, neuroloog en hoof van die wetenskap-divisie van Neurozone, kan breinkapasiteit verbeter word deur die regte leermetodes, die regte oefening en die regte voeding. Verbeterede leer- en onthoukapasiteit kan ‘n kind help om beter op skool te presteer, en volwassenes om beter in hul werksomgewing te presteer met ook meer kreatiewe denke.

Die geheim is opgesluit in die manier wat die brein inligting absorbeer, verwerk en verpak. Die heel beste manier om nuwe inligting te onthou, is om na elke twintig minute ‘n kort asemhaal-kans te neem, en na elke 40 minute dit wat jy gelees of geleer het in jou eie woorde vinnig mondelings vir jou maat op te som en so seker te maak dat die jy die kerngedagtes self kan verstaan en vertolk.

Jy moet dan binne 24 uur weer die nuwe inligting deurlees om seker te maak dit word in jou brein se langtermyngeheue gestoor, en dan gaan slaap jy en jou brein sal die res doen.

Dan is daar ‘n spesifieke manier van oefen wat ook ‘n rol speel, asook ‘n eetplan.

Op Oggend op RSG gesels Martelize Brink nou in ‘n kort reeks elke Woensdag met dr. Van der Walt. As jy die eerste twee praatjies gemis het, gaan luister gerus.

Die tweede gesprek was oor die rol van die internet op breinfiksheid en die eerste gesprek in die reeks oor die aanpasbaarheid van die brein.

Gaan luister ook weer na ‘n volledige program wat op Gesondheid op RSG uitgesaai is waar dr. Van der Walt alles oor die verbetering van breinkapasiteit verduidelik.

Hier is ook ‘n skakel na ‘n e-boek wat dr. Van der Walt saamgestel het oor hoe verbeterde breinkapasiteit ‘n sakeman kan help.