Vir 2016: Verander jou eetplan só


Mens raak deurmekaar met Bangting en hoë-vet- en hoë-proteïen-eetplanne, maar as jy gesonder wil lewe, is dieetkundiges, wetenskaplikes, mediese en voedingsnavorsers en medici dit wel eens oor die gesondheidsvoordele van die Mediterreense eetplan.

Hoe verskil dit van die Westerse eetplan – wat die meeste Suid-Afrikaners volg – en hoe kan mens jou eetpatroon verander na ‘n Mediterreense eetplan? En hoe kan die minerale kalsium, magnesium en kalium jou liggaam help?

14652060_mStudies in Amerika en Europa het getoon dat mense wat ‘n Mediterreense-tipe eetplan volg gesonder is as mense wat ‘n tipiese Westerse dieet volg. Die mense se beter gesondheid word toegeskryf aan die feit dat ‘n Mediterreense dieet ryk is aan groente en vrugte, volgraanprodukte, peulgroente, neute en nie ‘n oormaat dierproteïene en suiwelprodukte bevat nie.

Die Mediterreense dieet, en veral die Griekse dieet, verskil van die Westerse dieet in ‘n paar belangrike opsigte:

  • Diervette soos botter word vervang met gesonder vette soos olyfolie (die Grieke doop brood in olyfolie);
  • Kruie en speserye pleks van sout word gebruik om kos te geur
  • Pleks van rooivleis sewe keer per week, word rooivleis minstens twee maal per week met vis en hoender vervang, en rooivleis beperk.
  • Oefening is ook ‘n belangrike deel van leefstyl en so-ook die sosiale aspekte van ‘n maaltyd – om rustig om ‘n tafel met familie of vriende aan te sit.

Wat is ‘n tipiese Westerse dieet?
Dit bevat min vars groente en vrugte en bestaan grotendeels uit groot hoeveelhede rooivleis, verfynde koolhidrate (witbrood, suiker ens.), diervette suiwelprodukte, koffie, tee en suiker.

Hierdie voedselsoorte is suurvormend en plaas groot druk op die niere op die liggaam se gesofistikeerde buffer-stelsel om die pH van die liggaam te normaliseer. Die niere, longe en vel benodig alkaliese minerale soos kalsium, magnesium en kalium om bogenoemde voedselsoorte se suurvormende uitwerking teen te werk.

Kalsium, magnesium en kalium kom veral in vars groente en vrugte voor. Indien ons nie voldoende van hierdie minerale inneem nie, kan die liggaam die liggaam dit uit jou eie bene en organe neem om die nodige funksies te vervul, maar dit is ongewens omdat die bene en organe self hierdie minerale benodig.

Minerale is ook lewensnoodsaaklik vir liggaamsfunksionering, want dit is essensieel in beenvorming en –instandhouding, in die geleiding van senu-impulse, om hormone te vervaardig en om ‘n normale hartklop te handhaaf. Dit is essensieel in die funksionering van elke sel en in die vervoermeganisme om stowwe in en uit selle re vervoer. ‘n Kalsium-tekort lei tot been-verdunning en uiteindelik tot osteoporose. ‘n Kaliumwanbalans kan jou hart laat ophou klop.

‘n Langdurige ongesonde Westerse dieet hou verband met verskeie leefstylsiektes, insluitend oorgewig, hartsiektes, tipe 2 diabetes, jig, osteoporose en baie ander leefstylprobleme.

Maar die liggaam se daaglikse pogings om die liggaam se pH-vlakke te herstel kan ook onmiddellike gevolge hê: moegheid, geïrriteerdheid, futloosheid, ‘n droë vel, slegte asem, ‘n brandende blaas, hardlywigheid, gewrigs- en spierpyne, swetende stink voete, ‘n slegte liggaamsreuk en ‘n groter vatbaarheid vir infeksies kan dalk deel van die prentjie wees.

Wat is die oplossing?

  1. Bestudeer wat jy werklik eet. Skryf elke dag neer wat jy eet en kyk na ‘n week of jy ‘n Westerse dieet (met minstens 5 – 8 vars groente en vrugte per dag en minder vet, verfynde koolhidrate en minder rooivleis volg, of ‘n Westerse dieet met byna geen groente en vrugte, baie rooivleis en ongesonde vette).
  2. Verander dan jou eetplan na ‘n meer Mediterreense dieet deur:
    – Minstens 5 – 8 porsies vars groente en vrugte per dag te eet
    – Minstens twee keer per week vis of hoender or vark te eet
    – Verfynde koolhidrate soos suiker, wit brood, pasteie, koekies, koek, tert en beskuit dramaties te beperk.
    – Dit nie te oordoen met suiwelprodukte nie.
  3. Drink meer water as jy dors is – veral in die somerhitte het jy 1.5 tot 2 liter per dag nodig, maar nie gaskoeldrank of vrugtesap wat baie kiloJoules bevat nie.
  4. Voeg ‘n alkaliese minerale voedings-aanvuller by jou eetplan om die pH-balans te herstel. Probeer daagliks A.Vogel’s Multiforce Alkaline Powder om jou liggaam kalsium, magnesium en kalium in ‘n maklik-absorbeerbare formaat. Hierdie multiminerale voedingsaanvuller is veral geskik vir vroue ouer as 30 jaar wat minerale benodig om hul beendigtheid te behou. Multiforce Alkaline Powder is landwyd beskikbaar by apteke en gesondheidswinkels.

Vir meer inligting, besoek www.avogel.co.za

Begin jou nuwe lewe vandag nog:
In die eerste stap om jou eetplan gesonder te maak deur een klein verandering per week, hier is Gesondheid op RSG se plan vir ‘n Gesonder Lewe vir 2016, Week 1:
Skakel alle verfynde koolhidrate uit: geen wit brood, wit pasta, suiker, pasteie, koekies, fyn gebak soos croissants en muffins en ander nie, geen sjokolade, lekkers, poeding of enige ander soetgoed nie.
In die plek van suiker en soetgoed gebruik ‘n versoeter as jy gewoond is aan ‘n soet smaak. Al die versoeters wat in Suid-Afrika op winkelrakke verkoop word, is die FDA goedgekeur en is veilig om te gebruik.