Wat het koorsblare, waterpokkies en gordelroos in gemeen?


Wat het koorsblare, waterpokkies en gordelroos in gemeen? Dis verskillende siektes, maar het iets in gemeen.
En dit het selfs iets in gemeen met klierkoors, breinontsteking en ‘n geslagsiekte. Hoe werk dit?

Wel, al dié siektes word deur ‘n herpes-virus veroorsaak. ‘n Dokter het op ‘n keer opgemerk ‘Liefde is nie vir ewig nie, maar die herpes-virus wel’. Is dit só? Of is daar behandeling of selfs voorkomende immunisering teen al of sommige van die siektes? Marí Hudson gesels met ‘n viroloog hieroor.

Hier is enkele interessante feite:

1. Daar is 8 verskillende herpesvirusse
Herpes Simplex 1 veroorsaak koorsblare
Herpes genitalis veroorsaak genitale herpes.
Herpes Varicella veroorsaak waterpokkies.
Herpes Varicella Zoster veroorsaak gordelroos.
Eppstein Barr virus veroorsaak klierkoors.

2. Koorsblare kan ook genitale herpes veroorsaak.

3. Slegs mense wat voorheen waterpokkies gehad het, kan later gordelroos ontwikkel.
Daar is entstowwe teen albei.
As jy nie waterpokkies gehad het nie, kan jy nie later gordelroos ontwikkel nie.
Iemand wat gordelroos het, kan nie gordelroos na iemand anders oordra nie.

4. Gordelroos is pynlik omdat die virus in die senuweestelsel wegkruip.