Wat het middagslapies, alkaliese minerale en blaarslaai met die feesgety te doen?


Kersfees is ‘the most wonderful time of the year’ sing Andy Williams in dié klasssieke Kersliedjie. Die feesseisoen is sinoniem met familie, vrolikheid, vriende, vreugde en sonnige dae by die see of langs ‘n swembad. En as ons eerlik moet wees, ook die tyd van heerlik eet; ons vier die vakansie met ons geliefdes en vriende om etenstafels, braaivleisvure en ons bederf onsself met tjokolade en koekies en beskuitjies en vrugtekoek, koue sjampanje of wyn of ‘n koel biertjie, want dit is mos net een maal ‘n jaar somervakansie.

Vir die meeste van ons rig ‘n week of drie se oormaat nie veel skade aan nie. Die algemeenste klagtes oor die feesseisoen is ‘n gevoel van moegheid, hardlywigheid en die gevoel dat mens se brein nie op sy heel flinkste funksioneer nie, en dan natuurlik die middellyf wat so bietjie uitsit.

Daar is weliswaar redes waarom mens soos ‘n trae slakkie voel in die feestye:

  • Dink aan alles wat jy eet en wat jou liggaam moet verteer en verwerk. Jy eet waarskynlik ryker kosse, meet soetkosse en meer as gewoonlik.
  • Omdat ‘n mens meer ontspan, en weet jy hoef nie volgende dag werk toe te gaan nie, is dit makliker om ‘n ekstra glasie wyn of ‘n ander paar drankies te drink nie. Dié bykomende alkohol plaas ‘n ekstra lading op jou lewer, wat dan die afbreking van alkohol prioritiseer bo enige ander funksie soos die produksie van hormone en ensieme of kosse te verteer.
  • Derdens help ‘n gebrek aan oefening, om nie genoeg water te drink nie en die laatmnagte om jou liggaam se normale funksies effe omver te gooi. Hoewel baie van ons van voorneme is om die vakansie oefening te doen – baie te stap, of te draf, of fiets te ry of te swem – is daar min van ons wat dit regkry om soveel oefening te doen as wat ons beplan het om te doen.

Hier is ‘n paar wenke om te voorkom dat jy jou vakansie in ‘n waas van lusteloosheid spandeer en om jou energie te behou deur die vakansie en jou joie de vivre te herwin vir die nuwe jaar.

  1. Stadig oor die klippe met die alkohol. Wissel jou drankie af met ‘n glas water tussen elke drankie. (Let wel dat volgens ‘n forensiese patoloog ‘n gemiddeld man van sowat 70 kg se bloedalkoholvlakke vinnig die wetlike perk sal oorskrei as hy sowat 24 g alkohol – sowat 2.5 sopies – binne sowat ‘n uur drink, en dat selfs net ‘n enkele drankie jou oordeelsvermoë kan aantas sodat jy liefs nie self moet bestuur nie. As jy een drankie elke 90 minute drink, is die kans goed dat jou bloedalkoholvlakke wel binne die wetlike perk kan bly.)
  2. Drink baie water. Op ‘n water somersdag benodig ons sowat 2 liter water om nie vinnig te ontwater nie. Drink water as jy dors is. Water is essensieel vir die spysverteringstelsel en ook bloedsirkulasie, en help om toksiene, alkohol-afbraakprodukte en ander gifstowwe deur jou niere en jou vel te laat uitskei. Hoe weet jy of jy gnoeg water drink? – jou urine moet ‘n ligte strooikleur wees.
  3. Drink elke dag ‘n alkaliese minerale voedingsaanvuller. Baie van die kosse wat ons tydens ‘n somervakansie eet, bevat suiker, rooivleis, suiwelprodukte en meel (in brood, koek, koekies, pasta ens.) en hierdie produkte is suurvormend in die liggaam. Ook wyn, bier en sjampanje verhoog die suurgehalte (verlaag die pH). Ons liggame benodig alkaliese minerale om die oormaat dieet-sure te neutraliseer. Alkaliese minerale kom ryklik voor om groente. As jy nie die vakansie daagliks voldoende groente en vars slaai eet nie, moet jou liggaam harder werk om van die suurbydraende kosse se effek ontslae te raak, en kan jy lusteloos en sonder energie voel, hardlywig word, ‘n droë vel ontwikkel, asook hoofpyn, sooibrand, urine wat brand, en selfs ‘n suur smaak in jou mond proe. A.Vogel’s Multiforce Alkaline Powder* is beskikbaar in nuttige ‘sachets’ wat jy maklik kan inpak en saamneem op vakansie. Voeg net een sachet by ‘n glas water voordat jy gaan slaap en dit kan help om jou liggaam se pH balans te herstel.
  4. 33689525_mEet ‘bitter’ kosse. Dis ‘n uitstekende manier om die liggaam se spysverteringstelsel te stimuleer. As jy ‘rocket’, baba-spinasie of water ‘cress’ by jou voor-maaltyd slaaie voeg , sal dit help om jou spysverteringsensieme stimuleer om jou kos beter te verteer.
  5. Skop elke dag af met ‘n gesonde ontbyt. Vars vrugte gladdejanjies is die perfekte begin vir ‘n warm somerdag en sal jou laai met noodsaaklike vitamiene en minerale.
  6. Stap elke dag. Oefening stimuleer die hart- en bloedvatstelsel, en die gebruik van spiere versnel die metabolisme. ‘n Flink stappie van 30 minute sal jou letterlik wakker maak en jou energievlakke verhoog.
  7. Kry voldoende slaap – ‘n 30min middagslapie dalk net die ding. Laatnagte is sinoniem met somervakansie, maar maak seker dat jy voldoende slaap kry om jou energievlakke hoog te hou, want jou liggaamselle herstel in die nag terwyl jy slaap. Kinders, volwassenes en ouer mense benodig minstens agt tot nege ure goeie slaap per nag vir jou liggaamselle om voldoende te herstel. Terwyl jy met vakansie is, maak gebruik van die kans om vinnige middagslapies te vang. Navorsing het getoon die voordele van ‘n blitsslapie van 30 minute is voordelig vir bloeddruk, die hart en vir verbeterde energie- en konsentrasievlakke.
  8. Beplan ‘n gesonde 2016. Bou dit in jou 2016 skedule in om die nuwe jaar met ‘n gesonde eetplan te begin, om gereeld oefening te doen en voldoende slaap te kry. Dié voorneme kan help dat jy nie so skuldig voel oor die tweede bord kos of poeding of glasie wyn nie. Maak net seker dat jy ‘n datum vasstel vir jou gesonder lewe ná die vakansie en sodra jy weer tuis is en voer dan jou voorneme uit.Geniet jou vakansie!

 

*A Vogel Multiforce is ‘n uniek-geformuleerde samestelling van die magnesium, kalsium en kalium wat jou liggaam benodig om die suur/alkaliese vlakke in jou liggaam te reguleer om die suur-oorlading van die moderne lewe teen te werk. Dit is landwyd by apteke en in gesondheidswinkels te koop.

Lees ook:

Die essensiële noodhulptassie vir kinders die vakansie

Kyk hoe veranders kinders se tekeninge!

Praktiese eksamenwenke

Wat jou 75 triljoen selle benodig om optimaal te funksioneer