Wat is Tourette-sindroom?


Het jy al gehoor van Tourette-sindroom? Wat is dit? Wat is die simptome en die behandeling? Hoe raak dit ‘n mens se lewe? Marí Hudson praat met prof. Petrus de Vries, ‘n kinder- en tienerpsigiater van die Rooikruis Kinderhospitaal, oor dié probleem.

Tourette Sindroom – opsommende notas deur prof Petrus de Vries

I. Die tipiese simptome en tekens van Tourette’s:

1. Definisie van TICs – onwillekeurige, vinnige, herhalende, nie-ritmiese, doellose beweging (tipies een kant van lyf)
2. Twee tipes TICs – MOTORIES (kan dit sien) of VOKAAL/FONIES (kan dit hoor) 3. Motoriese tics (sigbare bewegings)

a) EENVOUDIG – oogknip, frons, lippe beweeg, neus beweeg ens.

b) KOMPLEKS – hop, spring, aanraak, spin, lek, knyp ens. 4. Vokale/Foniese tics (hoorbare geluide of klanke)

a) EENVOUDIG – hoes, keelskoonmaak, snuif, blaf, fluit ens.
b) KOMPLEKS – woorde, frases, sinne, dieregeluide, ongewone asemhalingpatrone ens.

5. Koprolalie/kopropraksie – vloekwoorde/lelike tekens as TICs in Tourettes kom tipies voor in slegs 10% van mense met Tourettes.

II. Hoe maak ons die DIAGNOSE:

1. Tourettes = vir meer as 1 jaar is daar 2 of meer motoriese EN een of meer vokale TIC
2. Chroniese TIC toestand = Motoriese OF vokale/foniese tic vir meer as 1 jaar 3. Provisionele/Voorlopige TIC toestand = motoriese OF vokale/foniese tic vir minder as 1 jaar

NB 10% van ons het tics op een of ander stadium, so dit is deel van normale ontwikkeling ook!

III. Tipiese patroon van TICs:

1. Meer seuns as dogters
2. MOTOR TICS begin tipies tussen 4-6 jaar ouderdom
3. VOKALE TICS begin tipies tussen 6-8 jaar ouderdom
4. Diagnose dikwels tussen 7-11 jaar ouderdom
5. TICs beweed dikwels van ‘bo na onder’: Gesig, dan skouers, arms, maag bene, ens.
6. NB ‘waxing and waning’ – kom en gaan so kom in ‘bouts’. So, party dae niks, dan baie op klomp.
7. PREMONOTORY URGE – baie mense herken ‘n gevoel in hulle lyf dat ‘n TIC kom
8. Meeste mense kan TICS onderdruk, veral in skool

IV. Wat maak tics erger of beter?

1. Erger:
Opgewonde/angstig
Moeg, honger

Praat daaroor, staar Iemand se om op te hou

2. Beter:
Aktief bv stap, hardloop, knip, fietsry…
Slaap
Koors

3. NB elke kind het eie patron van wat beter/erger maak – dit is belangrike stap van behandeling.

V. Patroon van TICs met tyd:

1. ‘Wax and wane’, maar 75% van kinders met Tourettes, ontgroei dit teen 18!!

2. TICs kom dikwels voor saam met ander neuro-ontwikkelings toestande:

  1. ADHD
  2. OCD of obsessief kompulsiewe gedrag (bv aggressiewe, gewelddadige,seksuele idees, impulse, beelde; compulsies: simmetrie, perfeksionisme,‘just so’, doen-en-oordoen, aanraak)
  3. Aggressiewe episodes
  4. Spesifieke leerprobleme (veral wiskunde)
  5. Outisme
  6. Depressie en angstigheid

VI. Beginsels vir behandeling:

1. BEGINSELS:

  1. Leer van TICs
  2. Leer jou eie patron van beter/erger
  3. Voed ander op in familie, gemeenskap, skool
  4. As TIC kom doen iets wat dit beter maak
  1. Hou dop vir KOMORBIDITEITE van Tourettes – ADHD, OCD, Angstigheid,Depressie, spesifieke leerprobleme. As dit daar is – DIAGNOSEER ENBEHANDEL AS PRIORITEIT.
  2. Medikasie vir Tourettes KAN as: baie erg, voorkom eet, drink, werk,veroorsaak pyn
  3. Medikasie opsies sluit in Clonidien, Haloperidol, atipiese antipsigotika(stadig, lae dosisse, min verander, moniteer tics). Raadpleeg ‘n dokter en spesialis oor medikasies.

Waar kan ek meer leer?

  • Tourettes Action – ‘n Engelse Liefdadigheidsorganisasie vir Tourettes:
  • https://www.tourettes-action.org.uk
  • Tic Disorders – A guide for Parents and Professionals. Uttom Chowdhury and Tara Murphy [Hierdie is ‘n uitstekende en leesbare boekie oor Tourettes en Tic toestande. Dit is beskikbaar deur sekere boekwinkels en deur die internet].

Notas deur Prof Petrus de Vries, Universiteit van Kaapstad 6 Junie 2018