Weet jy wat oogtoetse alles kan verklap?


Deur Marí Hudson

Het jy geweet dat ‘n oogkundige tydens jou oogtoetse kan vasstel of jy aan hoë cholesterol ly, of hoë bloeddruk of dalk aan diabetes? Ja, dit is van die inligting oor jou gesondheid wat buiten die inligting oor jou visie tydens oogtoetsing aan die lig kan kom.

Luister na die potgooi van Gesondheid op RSG. Ek gesels met Rudine Diedericks, oogkundige van Mellins i-Style oogkundiges in Johannesburg, oor oogtoetse.

 

Met oogtoetse stel die oogkundige nie net vas hoe goed of sleg jy kan sien nie (dus refraksie-foute), of jy vêr of naby die beste kan sien, en of jy ‘n bril nodig het nie? Nee, met deesdae se oogtoetse kan die oogkundige vasstel of jy aan gloukoom ly (maw of die druk in jou oogbol en dus op jou oogsenuwee te hoog is en jou oogsenuwee kan beskadig en tot blindheid kan lei), hoe gesond jou retina en makula is, of daar tekens van makulêre degenerasie is, of jou oë goed saamwerk, of kontaklense of ‘n bril die beste gaan wees, en veel meer. Dan is daar nog verskillende soorte lense ook, en sommige lense is beter as ander.

Ek was onlangs weer vir ‘n oogtoets en wil julle saam op die reis neem.
Eerstens het ek by ‘n groot apparaat gaan sit en daar is toe op elk van my oë geblaas om die drukking in my elke oog te meet. Daar is toe ook ‘n spesiale foto van my oë geneem wat die presiese vorm van my oog aandui sodat die lense gesny kan word om presies hierdie swakhede te herstel.
Só lyk my oë:

Só lyk my oog. Met die Zeiss i-Profiler apparaat is 'n presiese vingerafdruk van elke oog geneem.

Só lyk my oog. Met die Zeiss i-Profiler apparaat is ‘n presiese vingerafdruk van elke oog geneem. Gaan na www.mellins.co.za vir meer inligting.

En so lyk die 3D foto van die oog agter die retina met Zeiss i-Profiler. Mens kan duidelik sien dat die oog te bolvormig is.

En so lyk die 3D foto van die oog agter die retina met Zeiss i-Profiler. Die oog is te bolvormig. Gaan na www.mellins.co.za vir meer inligting.

My een oog is te groot en te lank van voor na agter en die ligstrale word te veel gebuig en val dus voor my retina. Met dié oog sien ek alles wat vêr is, goed, maar alles wat naby is, is uit fokus. Die oog is bysiende. Die lens wat die ligstrale op my retina sal buig, is konkaaf.

My ander oog is te klein en te kort en die ligstrale word te min gebuig en konvergeer agter my retina. Met die oog sien ek alles wat naby is, goed, maar alles wat vêr is, is uit fokus. Die oog is vêrsiende. Die lens wat die ligstrale op my retina sal buig, is konveks.

Gelukkig is my oogvorm redelik egalig en nie hobbelrig nie. ‘n Hobbelrige, oneweredige vorm is ‘n teken van astigmatisme.

Beide die lens en die kornea buig die ligstrale wat presies op (nie voor of agter) die retina moet konvergeer indien mens in fokus wil sien.

Ek het so paar sketse en inligting bymekaar gesit om julle ook visueel ‘n idee te gee waaroor die oogkundige gesels.

Hier is ‘n skets wat die verskil tussen normale visie, bysiendheid, vêrsiendheid en astigmatisme mooi verduidelik:

Met die sketse kan mens sien hoe die ligstrale of te min of te veel gebuig word of selfs versprei word sodat jy nie objekte in fokus kan sien nie

Met die sketse kan mens sien hoe die ligstrale of te min of te veel gebuig word of selfs versprei word sodat jy nie objekte in fokus kan sien nie

Hier is meer inligting oor bysiendheid, vêrsiendheid en astigmatisme.

Maar mens kan veel dinge wyser raak deur oogtoetse

Jy kan onder meer vasstel of die pasiënt aan een van die volgende ly:
1. Kleurpersepsie – as kleure minder skerp lyk, kan dit onder meer dui op katarakvorming.
2. Dieptepersepsie – dit toets of die oë saamkyk, dus vir skeelheid
3. Gloukoom
4. Makulêre degenerasie en ander oogdefekte
5. Hoë bloeddruk
6. Hoë cholesterol
7. Hoë bloedsuikervlakke (diabetes)

1. Kleurpersepsie
As kleure dowwer begin lyk, kan dit onder meer dui op katarakvorming.

2. Dieptepersepsie = toets vir Skeelheid (strabisme)
Maak doodseker dat ‘n kind wat skeel kyk, behandeling ontvang, anders kan een oog swaksiende word en bly.
squint-pic1

3. Gloukoom
Dit is noodsaaklik dat drukking op die oogsenuwee vroeg opgespoor en behandel word voordat die persoon begin om visie te verloor.

So ontwikkel gloukoom

So ontwikkel gloukoom. Die drukking op die oogsenuwee veroorsaak ‘cupping’, deurdat weefsel om die oogesenuwee weggedruk word.

Só verloor iemand met gloukoom sy sig

Só verloor iemand met gloukoom sy sig

Só lyk die skade aan die oogsenuwee

Só lyk die skade aan die oogsenuwee. Die groot ligkol in die oog regs, is die skade agv ‘cupping’ waar weefsel rondom die oogsenuwee weggedruk word.

4. Makulêre degenerasie
Makulêre degenerasie beteken letterlik dat die makula – die sentrale deel van jou retina –  beskadig word en agteruitgang.

Die makula van die oog word beskadig deur bloedvaatjies

Die makula van die oog word beskadig deur bloedvaatjies

Daar is twee soorte makulêre degenerasie: nat en droog, wat verskillend behandel word.
Die skade aan die makula, versteur en kan selfs mens se sentrale visie verwring.
Een van die toetse is juis as egalige lyne verwring word:
X2604-M-03

Só verloor mense met makulêre degenerasie hul visie: vaal kolle in die middel van die gesigsveld, terwyl die kant-visie deels behoue bly. Hier is enkele voorbeelde:
amd-boy-b-260x173

macular-degeneration

amd

5. Hoë bloeddruk:
Die aanhoudende hoë drukking in die bloedvate lei bloevate wat opgeswel en donker is weens die drukking. Hoë bloeddruk en diabetes is die twee grootste oorsake van wit katoenvlekke wat onstaan weens skade aan die senuweevesels.

Kantoenvlekke en die bloevate wat dik en rooi soos koperdrade loop. Die drukking en skade veroorsaak later sigprobleme.

Wit katoenvlekke onstaan weens skade aan die senuvesels, en die bloedvate wat dik en rooi soos koperdrade loop, is sigbaar. Die drukking kan ook tot bloedings in die oog lei, en die skade veroorsaak later sigprobleme.

6. Hoë cholesterol
Dit gee die retina ‘n geel skynsel, en kan in erge gevalle selfs ‘n aneurisme in die retina vorm, wat kan bars.
gr2

7. Hoë bloedsuikervlakke:
Voortdurende verhoogde bloedsuikervlakke in diabetes wat dus nie goed beheer word nie, lei tot die vorming van ‘n magdom klein bloedvaatjies in die retina, met bloedings, en oogskade bekend as diabetiese retinopatie, wat tot blindheid lei.
Proliferative Diabetic Retinopathy (PDR)

img-bdr

Hier is verdere inligting oor oogtoetse deur Mellins i-Style:

Dit kan maklik wees om jou oë as vanselfsprekend te beskou en om hierdie belangrike organe se gesondheid gedurende die dag te benadeel. By die werkplek en selfs op die sportveld word jou oë gereeld aan onnodige gevare blootgestel. Om eenvoudige oogsorggewoontes deel van jou daaglikse roetine te maak is makliker as wat jy dink. Mellins i-Style (www.mellins.co.za), een van die toonaangewende oogkundige groepe in Suid-Afrika, het die volgende wenke vir gesonde visie en oogsorg:

Volgens André Horn, ‘n senior oogkundige en besturende direkteur van Mellins i-Style, maak dit nie saak hoe oud of gesond jy is nie. Gereelde oogtoetse is belangrik. “Tydens ‘n oogondersoek sal die oogkundige nie net die kwaliteit van jou bestaande visie ondersoek en kyk of jy ‘n bril of kontaklense nodig het nie, daar word ook na jou oë se algehele gesondheid gekyk soos beserings en vroeë oogkwale wat gloukoom, katarakte en makulêre-degenerasie kan insluit”, verduidelik Horn. “Baie van hierdie probleme kan steeds behandel word as hulle vroeg genoeg gediagnoseer word.”

Oogkundiges is dikwels die eerste om chroniese siektes en toestande soos diabetes en hoë bloeddruk te identifiseer.

‘n Zeiss Experience-oogtoets by een van die landwye Mellins-Zeiss Visiesentrums sal help om uitstekende visie te verseker. As deel van die innoverende Zeiss Experience, “lees” die Zeiss i.Profiler die oog nes ‘n “vingerafdruk” om die beste en mees geïndividualiseerde lense ter wêreld, Zeiss i.Scription te vervaardig. Om die oog se unieke “vingerafdruk” te maak, meet dié presisie tegnologie 2500 punte elektronies op elke oog in 90 sekondes.

Die lense bied ‘n 30% verbetering in nagvisie, visie in laelig-toestande asook ‘n dramatiese verbetering in kleur- en kontrasonderskeiding. Die lense is ook vier keer meer akkuraat as enige ander lens wat tans beskikbaar is. Elke Zeiss i.Scription lens wat deur Zeiss in Duitsland vervaardig word kan ook verder verpersoonlik word deur pasiënte se voorletters op elke lens te graveer.

Vir meer inligting:
Oor die nuwe manier van oogtoetsing, gaan na http://www.mellins.co.za/ZeissExperience.aspx