Brekfis met Derrich speel Kupido


Hierdie storie klink net eenvoudig te dik vir ‘n daalder…maar lees verder.

Onlangs het Kupido ‘n draai gemaak op Vat 5 op Brekfis met Derrich.

Kom ons draai die horlosie terug. Saterdag 16 Julie 2011 was Alwyn Röhrs die Vat 5-gas. Hy het met sy musiekkeuse en stories sy herinneringe aan die kinderhuis en sy alma mater Monnas (Monument Hoërskool in Krugersdorp) met luisteraars gedeel. “Dié Vat 5-gesprek het die vonk laat opvlam toe Derrich verwys na ‘n ene Sonia, wat per SMS na die ateljee opgemerk het dat ons saam in Monnas in Matriek was” vertel Alwyn. Op daardie oomblik het Alwyn uitgeblaker “Dit was ‘n mooi girl!”

So loop die storie……

  • Sonia was Alwyn se skoolkys in standerd 9 en ‘n gedeelte van Matriek.  Sy was die skool se Joolkoningin. Daardie oggend het hy haar in sy geestesoog sien loop met steeds daardie uitsonderlike aansteeklike glimlag en skoonheid. Hy was in ander wêreld.
  • Daardie enkele opmerking wat Derrich oor Sonia gemaak het, toe hy vra “was jy in Monnas en ken jy vir Sonia?” was die aansporing – Alwyn het besluit hy moet haar eenvoudig opspoor!
  • Die Maandag na die uitsending het Alwyn inligting van honderde mense ontvang – Sonia ingesluit. Die hunkering om mekaar weer te sien ná 45 jaar het Alwyn opgewonde gemaak en laat terugdink aan daar die wonderlike sestigerjare: beste musiek, mini-rokke en “garage parties” wat mens nooit vergeet nie. Alwyn was in die fleur van sy lewe en vrek verlief soos in sy skooldae!

Die res, soos hulle se, is geskiedenis. Dit gaan goed – baie goed – met Alwyn Röhrs en Sonia Smith (nee Jooste).

Alwyn se Vat 5 liedjies was:

  1. Elvis Presley – It’s now or never
  2. Cliff Richard – Summer Holiday
  3. Beach Boys – Good Vibrations
  4. Gene Rockwell – Heart
  5. Burger Le Roux – Houtkruis

Brekfis speel Kupido. Derrich Gardner (links) by Alwyn (middel) en Sonia.

Alwyn in matriek, toe hy in Sonia op skool gekys was

Alwyn in matriek, toe hy in Sonia op skool gekys was

Sonia, toe sy die skool se joolkoningin was

Sonia, toe sy die skool se joolkoningin was