Lethu aangedaan oor luisteraarsreaksie op sy storie


Haidee Muller se pad het onlangs op Bonnievale gekruis met die inspirerende Lethu, eienaar van ‘n spaza-winkel in die plakkerskamp. Hier is Lethu Lugogo se storie van vergifnis en deursettingsvermoë ten spyte van die kronkels op sy lewenspad.

Hier is terugvoer oor hoe Lethu ná die tyd gevoel het toe hulle dit vir hom speel.

Christa Godfrey, wat Lethu bygestaan het en baie help, het laat weet:

“Die program het baie vir die mense van die plakkerskamp beteken. Ek het gister na Lethu gery, sodat hy ook na die opname kon luister. Hy was baie aangedaan. Kon nie praat nie en die trane het oor sy wange geloop. Hy het dit van my selfoon afgelaai om in sy eie tyd te luister.  Skielik het sy swaarkry nuwe betekenis gekry. Dit was vir my ‘n baie spesiale oomblik. Maak al die harde werk alles die moeite werd.”

Lethu was baie aangedaan toe hy sy verhaal op RSG hoor

Lethu was baie aangedaan toe hy sy verhaal op RSG hoor. By hom is Christa Godfrey.

‘n Aangedane Lethu

‘n Aangedane Lethu by Christa Godfrey.