‘n Selfgeboude, gesweisde ysterperd vir Afrikaburn

‘n Selfgeboude, gesweisde ysterperd vir Afrikaburn


Afrikaburn, Suid-Afrika se Burning Man weergawe, vind jaarliks langs die Tankwa Karoo Nasionale Park op die plaas, Stonehenge, plaas. Verlede jaar het meer as 12 000 mense ‘n boheemse tydelike dorpie gestig waar musiek, kuns en vrye kreatiewe uitinge hoogty vier.

Die Amerikaanse Burning Man het laasjaar oor die 60 000 mense getrek na die Black Rock Desert in Nevada. Die eerste samekoms was in 1986 op Baker Beach in San Francisco.

Johan Rademan gesels Saterdag tussen 09h00 en 10h00 in ReisSonderGrense met ‘n Suid-Afrikaner, Fred Viljoen wat ‘n kreatiewe vervoermiddel vir die Afrikaburn gesweis en gebou het. Fred Viljoen is ‘n wynmaker van Viljoensdrift en is baie geesdriftig oor sy kreatiewe skepping vir Afrikaburn – ‘n selfgeboude en gesweisde motorfietsie. Die saal is ‘n gesweisde ketting, en die hele fiets lyk maar bra geroes, maar Fred kry 30km/liter uit die enjin.

Johan Rademan gesels met Fred Viljoen, wynmaker van Viljoensdrift oor sy kreatiewe skepping vir Afrikaburn – ‘n Selfgeboude en gesweisde motorfietsie.

Johan Rademan gesels met Fred Viljoen, wynmaker van Viljoensdrift oor sy kreatiewe skepping vir Afrikaburn – ‘n Selfgeboude en gesweisde motorfietsie.

“geroes, maar mooi!” –Johan Rademan kuier by Fred Viljoen van Viljoensdrift by sy Afrikaburn-skepping

“Geroes, maar mooi!” –Johan Rademan kuier by Fred Viljoen van Viljoensdrift by sy Afrikaburn-skepping

 

 

 

 

 

 

Afrikaburn ysterperd in sy volle glorie.

Afrikaburn ysterperd in sy volle glorie.

 

30 km per liter uit die enjin van Fred Viljoen se Afrikaburn selfgeboude motorfietsie of sal ons liewer praat van ‘n gemotoriseerde fiets.

30 km per liter uit die enjin van Fred Viljoen se Afrikaburn selfgeboude motorfietsie of sal ons liewer praat van ‘n gemotoriseerde fiets.

 

Pak gerus die bul by die horings! Vooraansig van Fred Viljoen se nuutskepping vir Afrikaburn.

Pak gerus die bul by die horings! Vooraansig van Fred Viljoen se nuutskepping vir Afrikaburn.

Die gesweisde kettingsaal van Fred Viljoen se Afrikaburn ysterperd.

Die gesweisde kettingsaal van Fred Viljoen se Afrikaburn ysterperd.