Sesjarige vermurwe harte met pleidooi


“Ek wil hê julle moet vriende wees.”

‘n Video van ‘n sesjarige Kanadese dogtertjie wat by haar geskeide ouers pleit om beter oor die weg te kom, is deur haar ma, Cherish, op Facebook gelaai. Dit het dadelik ‘n kits-sensasie geword en is al meer as 6 miljoen keer gekyk. Klein Tiana het tydens ‘n argument tussen haar ouers tussen beide getree en haar ma eenkant toe geneem en mooi gevra dat Ma en Pa moet vrede maak. Dis tóé dat hulle besluit het om die video te maak. Cherish sê sy is geroer deur die video wat haar laat besef het dinge moet verander tussen haar en haar eks.

Mens kan net hoop klein Tiana se woorde sal die gewenste effek hê. Ons wag op die opvolg-video…