Township boer Mama Kaba koop haar eie kar


Haidee was in Philippi en daar het haar paaie gekruis met Leozette Rhode, Eugene Fisher en Mama Kaba. By Abalimi en Harvest of Hope, het Mama Kaba haar droom verwesenlik: sy lei nou ander vroue in die township op om self groente in hul eie tuine te kweek en te verkoop EN sy vertel vir Haidee van haar eie karretjie, nuut uit die boks, wat sy uit haar groente-verdienste gekoop het.

Luister hier na die program.

Hieronder is Mama Kaba met die kar wat sy splinternuut gekoop het met geld uit haar groente-verdienste. Sy noem haar kar, Cabbage Car, dis nou Mama Kaba, ‘n townshipboer wat eers groente in haar eie tuin begin kweek het.

Hier is foto’s van Mama Kaba met haar groente, die groente wat sy en haar span by hul eie huise kweek en Mama Kaba by haar kar.

20160426_132350

20160426_130444

20160426_133801