Groeipyne: Hoe gemaak as jou kind nie sy eksamen geslaag het nie?


Hierdie week in Groeipyne gesels Johan van Lill met pastorale sielkundige, Fanie Kriel, oor hoe om teleurstellings met jou kinders te hanteer. Baie matrieks het nie geslaag in die eindeksamen nie of die punte wat hulle behaal het, het nie aan hulle verwagtinge voldoen nie. Hoe help ek my kind hierdeur?

Luister hier na die volledige program.

Stuur gerus vir Johan ’n e-pos as jy die gaste se kontakbesonderhede soek of enige kommentaar het op die program. Sy e-posadres is groeipyne@rsg.co.za of stuur ’n sms na 33343.