Haidee besoek Mandela-huis by die Drakenstein gevangenis


 Haidee Muller kuier by die Drakenstein-korrektiewe sentrum, op die perseel van die destydse Victor Verster-gevangenis, in die huis waarin Nelson Mandela vir byna twee jaar gewoon het voor sy vrylating in 1990.

Die standbeeld van Mnr. Mandela by die hek van die Drakenstein Korrektiewe Sentrum (die destydse Victor Verster-gevangenis) het ook ‘n simboliese betekenis: Die verhoogstuk is laer gemaak omdat Mandela nie “verhoog” wou wees nie. Dis net-net hoër as 3 m. Mandela loop na Vryheid met ‘n gebalde vuis omhoog – wat Amandla beteken – die mag behoort aan die mense.
Rondom die verhoogstuk is gebuigde tralies wat sy probeerslae om weg te breek van ons verlede voorstel. Die marmer kom van Robbeneiland en stel Mandela en die nasie se vasbeslotenheid voor. Die eiland rondom die standbeeld is traanvormig wat die trane van ons verlede voorstel.

Die eintlike Vryheidshek: Mnr Mandela se eerste hek na vryheid was hierdie swart hek van die huis waarin hy op die perseel gewoon het.

Die vooraansig van die huis waarin Nelson Mandela byna 2 jaar lank gewoon het tot sy vrylating in 1990.

Die sitkamer van die Mandelahuis by die Drakenstein Korrektiewe Sentrum. Hy het graag in daardie stoel gesit. Die foto teen die muur, is ná sy se vrylating aangebring.

Agter die huis is ‘n redelike groot swembad en selfs al kon Mnr Mandela nie swem nie, het hy graag binne-in die water, op die swembadtrap, gesit en ontspan.