Kunstenaar borduur op binnebande


Haidee het onlangs die talentvolle kunstenaar Hannalie Taute ontmoet op Stilbaai. Daar het Hannalie vertel hoe sy op binnebande borduur en Haidee het dit ook probeer.

Kyk die video en besluit self of Hannalie vir Haidee geleer het of andersom.

Hannalie Taute wys haar borduurwerk wat sy op binnebande doen. Sy verduidelik vir Haidee hoe sy dit regkry.

Sy moet eers die binnebande voorberei voor sy daarop borduur. Haar werk is al by die KKNK met ‘n Kanna beloon.