Hoe slim is jy met jou slimfoon?


SLIMFOONBATTERYIn die besondere warm somer het mens, dier en plant al ‘n duur prys betaal en álmal smag na ‘n bietjie koelte. Maar wat is die impak van die hoë temperature op jou slimfoon?

Esté Gross praat met Michelle Potgieter, direkteur vir korporatiewe bemarking en kommunikasie van Samsung Electronics om uit te vind.

Luister na die bydrae:

Hier is enkele wenke:

  • Jy mag dalk hou daarvan om in die son te bak, maar nie jou slimfoon nie.
  • As jou foon se dop begin om op te lig, mag die hitte dalk een te veel gewees het.
  • Hou jou slimfoon koel – moenie te veel toepassings op een slag oop hou nie.
  • Die ideale temperature waarin jou slimfoon funksioneer is 20-30ºC.

Kyk na die video wat wys hoe jou slimfoon se battery werk:

Lees meer oor hitte en jou slimfoon.