Olifante se slurpe en tande


Dr. Gerhardus Scheepers (regs), veearts en algemene praktisyn by die Zodiac dierekliniek in Brits gaan gesels oor olifante in Flapoor. Hy het ‘n spesiale belangstelling in wild, veral in olifante en renosters en staan hier by een van die olifante met wie hy ‘n spesiale band het.

In die plek van Onnerwater, begin Amore op 5 Januarie om 9:30 met Flapoor.

Sy gesels met Dr. Gerhardus Scheepers, veearts en algemene praktisyn by die Zodiac dierekliniek in Brits. Hy het ‘n spesiale belangstelling in wild, veral in olifante en renosters.

Ons gaan vir 13 weke gesels oor die wese van die olifant.

Olifante staan hulle plek vol in die Suid Afrikaanse bewussyn. Ons kyk na hulle oorlewingskuns, die slurp wat ontwikkel het oor miljoene jare se evolusie. Daar word gekyk na sy brein wat in wese ooreenstem met die mens s’n, wat struktuur en kompleksiteit betref.

Olifante se gevorderde gedrag en emosies, samewerking, medelye, altruïsme, verdriet en humor gaan jou verstom.

Dr. Gerhardus Scheepers van die Zodiac Dierekliniek in Brits het ‘n spesiale belangstelling in olifante en renosters.

5 Jan 2021: Hy vertel waar olifante hulle ontstaan het.

Afrika Olifante

 

12 Jan 2021 Hy praat oor olifante se velle.

African Elephant (Loxodonta africana) skin close up, Serengeti National Park, Tanzania

Die vet onder olifante se velle word gebruik om krale van te maak.

19 Jan 2021: Hy praat oor olifante se ore.

Die posisie van ‘n olifant se ore verklap baie oor sy gemoedstoestand.

26 Jan 2021: Hy praat oor olifante se tande en slurpe.

467531 – close up of an african elephant’s tusks and trunk, while its drinking

 

 2 Feb 2021:  Hy praat oor olifante pote.

Olifante loop eintlik op hul tone

9 Feb 2021: Dr. Gerhardus Scheepers van die Zodiac Dierekliniek in Brits het ‘n spesiale belangstelling in olifante en renosters. Hy praat oor olifante se sosiale strukture.

16 Feb: Hy praat oor hoe olifante hulle kalfies grootmaak.

Baby elephants playing in Kenya, Amboseli