Antie Soroya vertel


Antie Soroya van Walmer Estate is ‘n lekker storieverteller. En ‘n goeie radio-joernalis snuffel gou ‘n goeie storieverteller uit. Só het Haidee Muller aan Antie Soroya gekom:

Ek het Antie Soroya ontmoet toe ek ‘n opname gaan maak het by ‘n jogaklas in Walmer Estate waar daar net ouer Moslem-dames geoefen het – almal pensioenarisse. Daar het ons aan die gesels geraak en toe besef ek dat sy ‘n lekker storieverteller is. Ek’t gevra of ek vir haar kan gaan kuier by haar huis, sommer net om ‘n bietjie meer van haar te wete te kom. Ek’t ook gehoor sy is gebore in Distrik Ses.

Eers was sy effe skugter, maar ek het haar uiteindelik oortuig om met my te gesels. Daar gekom het sy vir my ‘n koppie wonderlike groentesop en ‘n kaas-toebie gegee en my togte lekker laat lag.

Hier is ‘n voorsmakie van die lekker gesprek met Antie Soroya. Maar moenie volgende week se Oggend op RSG misloop nie – Antie Soroya se gesprek word op 4 Desember uitgesaai.

Antie Soroya

Antie Soroya