Kinderfotosessies is g‘n grap


Om mooi foto’s van kinders te neem, is nie so maklik nie. Kinders is woelig, beweeg wanneer hulle wil, en tree juis wars op wanneer ouers wil hê hulle moet oulik en soet wees en soos afgerigde perdjies opdragte uitvoer.

Annemarie McDonald (foto regs) is ’n fotograaf wie se spesialiteit kinderfoto’s is, maar sy is eintlik ’n gekwalifiseerde kleuterskooljuffrou. Sy glo dit is hierdie agtergrond wat haar help om die beste uit kinders te kry. Sy gee wenke oor hoe om die regte fotograaf vir ’n fotosessie met jou kind te kry. Sy vertel ook vir Charlene Lackay hoe om seker te maak jou kind se foto beland nie op sosiale media as deel van ’n fotograaf se portefeulje nie.

 

Annemarie McDonald deel ná die stemopname, haar beste en slegste ervarings van kinderfotosessies in die video: