Bak iets wat jy nie kan uitspreek nie


Dit lyk soos ‘n boomstomp maar mense wat weet, reken ‘n bûche de Noël-koek is die lekkerste ding onder die son. Hierdie variasie op ‘n rolkoek datteer uit die 1800’s en daar bestaan allerhande variasies op die resep soos dié een van Martha Stewart, of hierdie een van Rachel Khoo. Het ons genoem dat dit lank vat om te maak en vereis tegniek en presiesie? Noudat jy gemotiveerd is – kyk gerus hierdie kort video waar meersterbakker Dorie Greenspan die proses verduidelik. Probeer dit gerus – dis die moeite wêrd.

As jy verdere inspirasie soek, gaan kyk gerus na ‘n keur van ons luisteraars respte deur hier te klik.