Flori en Kulsum: kos, die riel en poetsbak


Tjailatyd-luisteraars ken al die voorslag-kosmakers Flori Schrikker en Kulsum Kamali.   Wanneer Amore Bekker van Tjailatyd een van hulle op die lug het vir ‘n resep, spits almal se ore en begin jou mond al water nog voor die metode klaar gegee is. RSG en Lapa-uitgewers gee ook vroeg volgende jaar ‘n besondere kosboek saam met Flori en Kulsum uit….maar jy sal moet wag tot dan, voordat ons enige iets verder verklap.

RSG is elke jaar betrokke by die ATKV-Rieldanskompetisie. Die finale aand is onlangs in die Paarl gehou en toe nooi Japie Gouws, hoof van die ATKV, sommer vir Flori en Kulsum om saam te kom riel kyk. Amore besluit toe sy gaan vir Flori bel en regstreeks op lug vra om op kort kennisgewing iets te doen vir die Rielfees. Luister hier.

‘n Paar dae later het Amore weer vir Flori Schrikker op die lug gekry vir haar resep, en toe sommer ook uitgevra oor haar belewenis van die Rieldaneindronde. Luister hier na Flori se reaksie…….

 

By die rieldans-kampioenskap in die Paarl: (van links) Flori Schrikker (strooihoed) Japie Gouws van die ATKV en Kulsum Kamali. Flori en Kulsum se resepteboek verskyn binnekort.

By die rieldans-kampioenskap in die Paarl: (van links) Flori Schrikker (strooihoed)
Japie Gouws van die ATKV en
Kulsum Kamali. Flori en Kulsum se resepteboek verskyn binnekort.