Gooi minder kos weg – ‘n paar wenke


Wêreldwyd word jaarliks miljarde kilogramme eetbare kos weggegooi. Deel van die probleem is dat verbruikers dikwels kos weggooi wanneer die vervaldatum verby is. Dit terwyl meeste kos nog heeltemal veilig en eetbaar is. Die datum op die pakkie is slegs ‘n riglyn.

(Kyk wat maak hierdie New Yorkse sjef met kos wat sogenaamd nie meer reg is om te eet nie.)

Vat byvoorbeeld:

  • Eiers kan tot vyf weke lank gehou word. As hulle in water dryf, is hulle nie meer reg nie. Die eiers moet sink tot op die bodem.
  • Moenie suur melk weggooi nie. Bak pannekoek of koekies daarmee. Daar is geen suur smaak nie.
  • Bêre groente in die yskas in lugdigte houers. Dit laat dit langer hou.
  • Laat verlepte groente in yswater lê en hulle word weer krakerig. Voíla!