Kuns met Kontant: Andriëtte Norman gesels


Die enkelsnit, Sonder Liefde, gaan oor hoe liefde al is wat oorbly in die moeilike tye waarin ons vandag leef, en dat dit die gee en neem daarvan is wat ons staande hou.

Dieselfde boodskap, dat niemand sonder liefde kan klaarkom nie, maar ook dat niemand sonder geld kan klaarkom nie, word in hierdie onderhoud met die sangeres Andriëtte vasgevang.

Sy het die musiekmark in 2007 betree nadat sy as naaswenner aangewys is van die Suid-Afrikaanse weergawe van die musiekprogram, Idols.

Sewe suksesvolle albums het gevolg, waaronder Wat Rym Met Liefde, wat ’n toekenning gewen het in 2014 vir Beste vroulike kontemporêre album. Sy was sy ook al deel van die grootste musiekkonserte in die land, waaronder Huisgenoot Skouspel en Krone.

Dié 36-jarige Kapenaar, gebore en getoë in Brackenfell, woon tans in Durbanville saam met haar man en drie seuns, waar sy haar huis vir Henco oopgestel het tydens sy onlangse besoek aan die Kaap.