Comart – Kunste wat ‘n verskil maak


Virginia en John DavidsCommunity Arts Association of beter bekend as ComArt is ’n kunsteorganisasie sonder winsbejag wat sedert 1997 in Elsiesrivier in die Weskaap ’n verskil in die lewens van talle mense maak.

Virginia Davids, medeprofessor in sang aan die Universiteit van Kaapstad, en haar man, John, is die stigters van ComArt. Uit hul jare lange betrokkenheid by kore en koormusiek in townships het die idee ontstaan om ook gehaltekoormusiek in Elsiesrivier, waar hulle woon, te bevorder.

Luister Donderdagaand 21 Julie na die dokumentêr. Hier is ‘n uittreksel:

Voor Comart was hulle baie betrokke by gemeenskapswerk, maar nie in Elsiesrivier nie. Dis toe dat hulle besef dat hulle in hulle eie gemeenskap iets moes doen om die mense van Elsiesrivier deur kuns en kultuur te inspireer.

Comart Choristers Comart Choristers saam met Virginia Davids