‘n Moordende fietstoer eindig verrassend


Die afgetrede Oom Jannes (64) pak ’n fietstoer deur die Karoo – van Upington tot in George – aan om sy eensaamheid van die gebroke verhouding tussen hom en sy seun Carel te besweer, omdat hy te trots is om die bande te herstel en sy foute van die verlede te erken. Die afgetrede Jannes worstel met ou sondes en al die ongesêde dinge tussen hom en sy seun, Carel.

’n Jong man, Chili (22) oortuig hom om die rit mee te maak om kwansuis te toets hoe sterk hulle nog is deur op twee fietse deur die Moodernaars-Karoo van Prins Albert na George te ry. Maar die 22-jarige Chilli het ‘n plan waarvan oom Jannes nie weet nie, vandaar sy laatnag-oproepe. Saam durf hulle die langpad aan.

Die twee manne uit verskillende kulture en agtergronde durf die langpad aan gedurende ‘n moordende fietstoer waarin ou sondes aangespreek word en twee geslagte baie lesse bymekaar leer.

Oom Jannes (Dirk Stoltz) en die bloedjong Chilli (Christopher van der Westhuizen) gee hulleself net 10 dae tyd om die rit van meer as 750 km te voltooi. Maar elkeen het sy eie motief oor waarom hy op die toer gaan. En kort voor lank blyk dit dat nie elkeen is wie hulle voorgee om te wees nie… Aan die einde van die toer wag daar ‘n reuse-verrassing op hulle…

Die Fietstoer, deur Joa Bekker was een van die finaliste van die RSG-SANLAM-Radiodrama skryfkompetisie van 2017 en word Donderdaagaand 1 November om 8 uur op RSG uitgesaai.

Die regisseur is Leon van Nierop.

Joa Bekker

DIE SKRYWER – Joa Bekker

Joa Bekker is 59 jaar oud en die opleidingsbestuurder vir die Karsten-boerderygroep, waar hy reeds vir 25 jaar werk. Hy bly op Kanoneiland naby Upington in die Noord-Kaap en sê Die fietstoer is sy “eerste werk wat wyer erkenning geniet as bloot in sy werkkring en gemeenskap”.

Die ontwikkeling van mense is sy roeping en ook waarmee hy brood op die tafel sit. Saam met sy liefde vir kuns en die natuur veroorsaak dit ‘n “heerlike liefdesdriehoek”.

Joa is reeds 36 jaar gelukkig getroud met Thea en hulle het twee kinders – Chris en Karlien – wat Joa ondersteun en aanmoedig om sy belangstellings en liefdes, soos skryf, uit te leef.

Hy aanvaar niks in die lewe vanselfsprekend nie, ook nie die talente wat hy gekry het nie. Joa sê hy is dankbaar vir RSG en Sanlam vir die geleentheid wat hulle skep vir amateurs om op lug gehoor te word.

Die akteurs

Dirk Stolz en Christopher van der Westhuizen speel die hoofrolle

Die ander spelers sluit in David Louw, Mandie Baard, Christine Voorendyk, Miles Petzer en Sulette Thompson

Die akteurs in Die Fietstoer Agter v.l.n.r: Leon van Nierop, Dirk Stoltz (Jannes), David Louw, Miles Petzer (Jason) en Christopher van der Westhuizen (Chili). Voor: Christine Voorendyk (Melanie).

Dirk Stoltz (Jannes), Christopher vd Westhuizen (Chili) en Sulette Thompson (Elsbeth) in Die Fietstoer.

Bongi Thomas is verantwoordelik vir die tegniese versorging.

Die musiek vir die drama, is geleen uit Angels in the Outfield. Hier is die finale: