Luister weer: “Die Voëlhok”


Talle van die RSG/Sanlam-finalisdramas van 2017 is ook ingesluit, soos William Oosthuizen se raaiselverhaal Die voëlhok waarin ’n vrou in haar geliefde voëltjies se hok dood aangetref word.

‘n Polisie ondersoekspan probeer die oorsaak van die dood van ‘n bejaarde vrou (Edith Visagie) bepaal. Haar lyk is in ‘n voëlhok in die agterplaas van haar huis gevind.

Wanneer wyle Edith Visagie se seun, Niel, uit Kanada aankom vir sy ma se begrafnis, blyk dit gou dat sy pa, Bertus Visagie, nie regtig jammer is sy vrou het hom ontval nie. Het hy haar hulpkrete daardie koue nag geïgnoreer, of was daar dalk iets meer sinister wat haar dood veroorsaak het? Hoekom het haar man haar nie hoor roep nie?

En waarom is die egpaar se seun skielik land-uit? Was dit die koue, of dalk iets meer sinisters wat haar dood veroorsaak het? ’n Speurverhaal wat die aandag van die luisteraar enduit sal boei.

Die regisseur is Eben Cruywagen.

Dié speurdrama is op 8 November om 20:00 op RSG uitgesaai.

 

Regisseur se notas

William Oosthuizen

Die RSG/SANLAM Radiodrama Skryfkompetisie lewer jaarliks uiters belowende tekste op wat met ’n bietjie slyp en leiding dramas van uitsaaigehalte word, en vir ’n regisseur bly dit altyd ’n voorreg om ’n nuwe skrywer se werk tot op die punt te bring waar luisteraars die eindproduk positief kan beleef. William Oosthuizen was egter reeds in 2015 ’n finalis in die RSG/SANLAM Radiodrama Skryfkompetisie met sy drama, Met een voet in die graf en dit is merkbaar hoe hy as skrywer ontwikkel het.

Nóg ’n hoogtepunt vir ’n regisseur, is wanneer met die eerste lees van die teks die woorde van die papier afspring en daar alreeds ’n konsep van die eindproduk begin vorm aanneem. Dit was inderdaad die geval met William Oosthuizen se drama, Die Voëlhok.

Die uitdaging vir my as regisseur was om die bonatuurlike motief van die drama sodanig aan te wend dat die slotsom waartoe die ondersoekspan uiteindelik kom, nie noodwendig die enigste hoef te wees nie.

Die karakters en spelers

Die karakters en spelers is:

Johan Botha

Bertus Visagie (gespeel deur Johan Botha) is die man van die oorledene, Edith Visagie. Het hy doelbewus haar hulpkrete geïgnoreer?

Lida Botha

Edith Visagie (gespeel deur Lida Botha) is die bejaarde vrou wat in die hok vir haar voëls sterf.

Pieter van Zyl

Niël Visagie (gespeel deur Pieter van Zyl) is die egpaar se seun. Hy kom uit Kanada om sy ma se begrafnis by te woon.

Kaptein Bruinders (gespeel deur André Samuels) stel ondersoek in na die dood van Edith Visagie.

Crystal-Donna Roberts

Konstabel April (Crystal Roberts) staan Kaptein Bruinders by in die ondersoek.

Morné Visser

Hamel Smit (Morné Visser) en

Mevrou Swart (Juanita Swanepoel)

Alta
(Juanita Swanepoel)

Die spelers is agter vlnr: Donna Crystal Roberts en Morné Visser. Voor vlnr: Johan Botha, Lida Botha, Juanita Swanepoel, André Samuels en Pieter van Zyl.