RSG Skatkis Program: Coenie en Kie vanaand


RSG kondig met trots aan dat ons in November RSG Skatkis 2018 aanbied.

Dié mini-kunstefees word op 12, 13 en 14 November saans van 20:00 tot 22:00 aangebied. Die drie aande van kunsskatte sluit ongewone musiekproduksies, poësie- en prosa-voorlesings in, en ook ‘n huldigingsprogram of twee. Die hoogtepunt van die fees is die inwydingskonsert van die gerestoureerde SAUK-orrel. Die orrel word ingewy deur die Johannesburgse Fees-orkes onder leiding van Richard Cock met die soliste Wim Viljoen, Zorada Temmingh en Ockie Vermeulen.  Die regstreekse konsert op 13 November sluit in werke van Camille Saint-Saëns, Hugh Masekela, Tomaso Albinoni, Josef Rheinberger, energieke improvisasie en selfs ‘n gewilde treffer deur ‘n Sweedse poprockgroep.

Program vir RSG Skatkis 2018

WOENSDAG 14 NOVEMBER

Brandon October

Coenie de Villiers (Foto: Via)

20:00 Oud, nuut en blou:
Coenie de Villiers & Brandon October DEBUUT

Die sanger-liedjieskrywer Coenie de Villiers sing bekende liedjies, asook ou-ou komposisies wat in dekades nie gehoor is nie. Saam met splinternuwe liedjies uit sy pen en wat nog nie opgeneem is nie, is daar natuurlik ook ‘n skeut blues.

Brandon en Coenie is groot musiekmaats. Brandon is een van die land se beste sangers en ook ‘n uithaler-liedjieskrywer (wat min mense weet).

Mauritz Lotz

Hy sluit by Coenie, die weergalose Mauritz Lotz op kitaar en David Klassen op tromme en slaginstrumente aan om van sy nuutste werk te deel.

‘n Uithaler-radiokonsert wat voor ‘n gehoor in die M1-ouditorium opgeneem is.

David Klassen

21:15 Nuus

Tobie Cronjé

21:30 WIPPLANK: Tobie Cronjé 70 (met Grethe Fox) DEBUUT

Grethe Fox

Tobias Jurgens Cronjé vier in November vanjaar sy 70ste verjaardag. Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy professionele loopbaan het al in 1972 begin in die Truk-produksie van The Fantastics. Na meer as vier dekades in die bedryf word hy steeds onthou vir rolle soos dié van Willem, in die gelyknamige TV-reeks. Hy was ook te sien in flieks soos Kootjie Emmer en Babbelkous en Bruidegom, terwyl hy op die verhoog bekend is om sy talle “dames” in Janice Honeyman se jaarlikse pantomimes.

Saam met sy vriendin en die aktrise Grethe Fox en die regisseur André Stolz, kuier dié drie saam om Tobie se lewe en loopbaan te vier.

Die program sluit in werke van Chris Barnard, Breyten Breytenbach en Anton Tsjechof.

Samesteller en regisseur: André Stolz

22:00 Skatkis sluit

 

MAANDAG 12 NOVEMBER

20:00 Smeltkroes DEBUUT

 

Afrikaanssprekendes van die Kaap vind hul wortels wyd en syd. Hier is nou ‘n smeltkroes van verhale (lief én leed) met die oorsprong uit Afrika, Europa en die Verre-Ooste. Het die dice vir jou sus of so geval? Of heeltemal die ander way?

SMELTKROES is ‘n konsepwerk van Luna Paige met die musikale verwerkings van Ramon Alexander. Met hierdie opdragwerk ervaar die luisteraar hoe ons deur taal aan mekaar verbind is. “Afrikaans sing in ‘n duisend stemme…” en dis ok! Cape Jazz, Ghoema, Township, Boeremusiek is alles in die ryk geskiedenis soos vertolk deur Luna Paige en Ramon Alexander in ‘n opwindende afskopproduksie van RSG: Skatkis 2018.

Johan Rademan (Regisseur) skryf:
“‘n Debuutproduksie wat jou tot musikale insigte sal dwing oor hoe die vurk in die hef steek van ons Europese erfenis, Khoi-afkoms en Slawe-kultuur wanneer dit saamvloei in Cape Jazz wat deur die Ramon Alexander-orkes uitgevoer word. Bekende skrywers en digters word in hul werk betrek oor die unieke verskynsel in Suid-Afrika en daar word ook musikale hulde gebring aan rolmodelle van die Kaapse vlaktes wat nie altyd oral platvorms gekry het om hul talent te laat geld nie.”

Lees meer en kyk na die foto’s.

RSG Skatkis – Die SMELTKROES-geselskap: Annemie Nel (tromme), Johan Rademan (RSG-regisseur), Chadleigh Gowar (baskitaar), Luna Paige (konsepwerk en sanger/musikant), Muneeb Hermans (trompet), Riccardo McCarthy (SAUK-musiekregisseur), Albert Claasen (SAUK-produksie-assistant) Ramon Alexander (musikale-regisseur en orkes-leier). Voor: Bradley Prince (kitaar).

21:00 Nuus

Wilna Stockenström

21:10 Vêr van die Vergetelheid – Wilma Stockenström DEBUUT

Antoinette Kellermann

Vêr van die Vergetelheid is ‘n huldigingsprogram oor die digter en aktrise Wilma Stockenström wat op 7 Augustus vanjaar 85 jaar oud geword het.

DINSDAG 13 NOVEMBER

20:00 Orrel Opgesmuk DEBUUT
[Orrelkonsert Deel 1] (regstreeks)

Die orrel in sy volle glorie in die M1 ateljee tydens ‘n konsert in 1976.

Richard Cock

Die SABC se orrel in die M1-ouditorium, Auckland Park, is meer as vier dekades oud en een van die grootste plaaslik vervaardigde meganiese pyporrels in Suid-Afrika. (Lees hier meer oor die gerestoureerde orrel.)

Die orrel, wat pas gerestoureer is, word onder leiding van Richard Cock deur die Johannesburgse Feesorkes en die soliste Wim Viljoen, Zorada Temmingh en Ockie Vermeulen ingewy.

Hierdie hoogtepunt van RSG Skatkis 2018 sluit in werke van Camille Saint-Saëns, Hugh Masekela, Tomaso Albinoni, Josef Rheinberger, energieke improvisasie en selfs ‘n gewilde treffer

deur ‘n Sweedse poprockgroep.

21:00 Nuus

21:10 Orrel Opgesmuk DEBUUT
[Orrelkonsert Deel 2] (regstreeks)

Ockie Vermeulen

Zorada Temmingh

Wim Viljoen

Dalene Matthee (Foto: Beeld)

21:45 ‘n Mens weet nooit
deur Dalene Matthee (mini-drama, geskoei op die kortverhaal van Dalene Matthee) ARGIEF

‘n Kortverhaal deur Dalene Matthee, uit die bundel Om ‘n man te koop (Tafelberg), wat deur Danie Botha vir die radio verwerk is.

Johan en Lida Botha

Ouma Marais is aan haar bed en rolstoel gekluister. Naby Stilbaai-Wes, hoog tussen die digbegroeide duine, sit Ouma Marais se huis met die wye vensters sodat sy ver kan uitkyk oor die kalkpaadjies, taaibos, roesbruin rotse en die see. Dan merk sy ‘n vreemde man op die strand en por haar kleindogter, Engela, aan ondersoek in te stel.

Eben Genis

Frieda van den Heever

Met Johan en Lida Botha, Frieda van den Heever, Landie Kavenelis en Eben Genis

Regie: Joanie Combrink

22:20 Skatkis sluit