Vierde Oppiwater Kunstefees was weer ‘n treffer


Die beste ooit; reuse-sukses; uit die boonste rakke; ons gaan volgende jaar weer…….dit is van die terugvoer oor die pasafgelope RSG/Lefra Oppiwater Kunstefees. Dié jaarlikse RSG-fees op water het nou ‘n instelling geraak. “Dit was ons vierde keer op die boot” laat weet een van die luisteraars. “Ons geliefde RSG se Johan, Derick en Martelize bly voorwaar sterre” is ‘n ander een se kommentaar. Maar laat Johan Rademan sommer self vertel….

“Van die skeepsirene-wegvaart Sondagmiddag met ‘n regstreekse uitsending op RSG, tot die terugvaar in Tafelbaai 5 dae later, was die RSG-Oppiwaterkunstefees 2017 weer ‘n groot treffer by die luisteraars.

Wanneer kry jy kans om persoonlike gesprekke met akteurs soos Tobie Cronje, Paul Luckhoff, Shaleen Surtie-Richards, Hennie Smit, Gerben Kamper en Erik Holm te voer?

Johan Rademan (regs) besig om ‘n pnderhoud te voer.

En die RSG-omroepers saam met my, Martelize Brink (Kook met Martelize) en Derrich Gardner (Stout, baie stout) was dit eens dat dit ‘n unieke drywende Kunstefees in die wêreld is; waarskynlik die enigste.

Uitdagings was daar wel: 4 Satteliet buite-uitsendings op RSG, ‘n voorstellende Radioteater (met Tobie Cronje en Marissa Claasen asook Paul Luckhoff en Edrien Erasmus), Die Wyn, Die Vrou, Die Lied (met Van Loveren se Hennie Retief en sanger Christo Snyman). Die agter die skerms repetisies, klanktoetse drama-ateljee opstel met deurlopende  ondersteuning van die Lefra-produksiespan in verskillende teaterruimtes met RSG se Riccardo McCarthy en Cassi Lowers se uitkomste was heerlik bevredigend volgens die teatergangers.

RSG was op almal se lippe soos die een produksie na die ander ontvou het. Die inhoud is afgespeel teen mekaar, geweeg, vergelyk, geresenseer geprys en selfs hier en daar verinneweer soos smaak en invalshoeke verskil.

‘n Dag met ‘n Namibiese-braai by die seiljagklub in Walvisbaai met oesters vars uit die see en ‘n spesiale wynproe met Van Loveren se wyne uit die Robertsonvallei saam met die Italiaanse kaptein van die MSC Sinfonia, het die waarde waarmee hulle RSG en die Suid-Afrikaanse geselskap skat, onderstreep. Hulle laat dit selde of ooit toe. Ons het hulle chianti-wyne eenkant laat staan en ons eie trots uitgestal. ’n Kroatiese offisier het toe ons vra of hulle soos die Italianers en Suid-Afrikaners (Olie, olie van die druiwe) ’n heildronkliedjie het geantwoord. “In Croatsia we don’t have a toast song. We only drink.Vodka!”

Bykans 3 000 RSG-luisteraars wat nie genoeg kon kry van die mini-kunstefees op die water nie. Gelukkige oopkop ondersoekende mense, gefokus op die produksies wat uitmuntend ondersteun is en ‘n weerkaatsing van die sukses van RSG se erns met die kunsgenres in ons kunsprogramme op die lug. Die ligte klassieke produksies soos Jannie du Toit en Susan Mouton (eerste tjelis van die Johannesburgse Filharmoniese orkes) met Shani en haar akkordeon en Arina de Witt se Edith Piaf-chanchons was uiter gewild.

Die Jaloersbokkies

Die dekkonserte met Christo en Kobus, Pieter Smith, Alwyn Oberholzer wat hul taak tot vermaaklikheid gemaak het, het van die dekpartytjies ‘n plesier gemaak met Die Jaloersbokkies wat ‘n Kaapse geur gegee het met Taliep Petersen se kinders en Nadine Blom tydens die dekpartytjies. Nie net hulle nie, maar die sensasionele Refentse het propvol Ghoema-toekennings op die skippie geklim.

80 Sjefs (met Martelize 81) en ‘n personeel van 750 om die skip op koers te hou was werklik ‘n belewenis. Iets waarop RSG en Lefra-produksies baie trots kan wees,aldus die meeste luisteraars waarmee ek kon praat.

Dankie. Deo gratias.  Arrivederci  en Salute”!

Refentse

Derrich (links) en Refentse by twee luisteraars.

Twee van die Jaloersbokkies

Martelize en Refentse

Derrich en Shaleen Surtie-Richards

Martelize en aanhanger

Diep in gesprek

Shaleen (links voor) en Paul Luckoff by RSG luisteraars

Nogmaals in gesprek

Martelize by die Jaloersbokkies

Derrich en twee luisteraars

Skip in die woestyn