Kunsmatige kunswerk haal hoë prys


Edmond de Belamy is die titel van ‘n kunswerk wat geskiedenis gemaak het toe dit die eerste skildery geword het wat deur kunsmatige intelligensie geskep is en op ‘n veiling verkoop is.

Die skildery word vergelyk met die werk van die Ou Meesters. Die afslaerhuis, Christies het die werk se waarde geskat op tussen $7000 en $10 000, maar die hamer het verlede week in New York geval op $432,500. Kontemporêre kunstenaars gebruik kunsmatige intelligensie as ‘n hulpmiddel. Hierdie is egter die eerste kunswerk wat opgeveil word wat heeltemal deur ‘n algoritme geskep is.

Die handtekening onder-aan die kunswerk is ‘n deel van die algoritme kode.

Die geskepte kunswerk

Die idee is die breinkind van Obvious. Obvious is ‘n trio van Parys wat die kuns-potensiaal van kunsmatige intelligensie en masjienleer raakgesien het. Nie een van die drie het ‘n kuns-agtergrond nie. Hul het net ‘n jaar gelede begin eksperimenteer.

Om Edmond de Belamy en 10 ander portrette in ‘n reeks te skep, het Obvious ‘n tweeledige algoritme blootgestel aan 15 000 portrette van verskillende tydperke. Die eerste algoritme leer hoe om nuwe voorbeelde te skep. Dit analiseer die prente. Dit herken kleure en vorms.  Al die prente waarna daar gekyk is, het ooreenkomste.

Na die blootstelling, het die eerste deel van die algoritme begin om sy eie portrette te skep in ‘n poging om oorspronklike werk te lewer wat lyk asof dit mensgemaak is. Die doel is dan dat die nuwe prent die tweede algoritme moet flous om te dink dit is wel mensgemaak. Obvious voel daar is ‘n plek hiervoor in die kunswêreld.

Soos ‘n mens,  skep dit uit dit wat jy weet en probeer om jou eie kreatiwiteit te verstaan en dit dan te herhaal.

Lees meer:

https://edition.cnn.com/style/article/obvious-ai-art-christies-auction-smart-creativity/index.html