Landskapskuns: groter as gróót


Strijdom van der Merwe se rooi bome in Stellenbosch se Dorpstraat laat die wit geboue sterker uitstaan.

Met landskapkuns moet die kunstenaar na die landskap ‘luister’ en nie die landskap probeer inneem nie, is landskapskunstenaar Strijdom van der Merwe se mening.

Hy het by Martelize Brink in die ateljee in Seepunt gekuier.

Landskapkunstenaars Anni Snyman en Hannelie Coetzee het ook vertel van hulle unieke projekte, en wat hulle daarmee wil bereik.

Strijdom van der Merwe by Martelize Brink in die RSG ateljee

Strijdom se geel hande met die FIFA sokker Wêreldbeker in 2010

Strijdom se reuse engel figuur vir Bartinney wynplaas Helshoogte, Stellenbosch.

Die Mandela gedenkteken voor die Stellenbosse stadsaal.

Kyk na die video hieronder hoe die Rivierkonyn roete deur Anni Snyman by Loxton in die Karoo gebou is. Let op hoe klein die plaashuis regs van die reuse figuur is, en die opgekrulde jakkals in die konyn se boud.

Anni Snyman se mooi GROOT projekte in die Karoo. Hier is Rivierkonyn gedagteroete naby Loxton in die Karoo.

Die arend (met die slang binne-in die arend) gedagteroete wat deur Anni Snyman ontwerp is. Dis naby Loxton in die Karoo.

Reuse kalkfigure in Engeland

Die Uffington White Horse is prehistoriese figuur 110 m lank, en gevorm deur diep slote, gevul met wit kalk. Die perd verteenwoordig ‘n stam-simbool wat verband hou met die bouers van die Uffington Kasteel. Dit lyk baie soos die perde wat op Keltiese munte uitgebeeld word – dit was die munte van die pre-Romeinse-Britse bevolking, en op die Marlborough emmer (‘n emmer uit die Ystertydperk wat in  Marlborough, Wiltshire gevind is. Volgens ‘n ander teorie deur die argeoloog Joshua Pollard van die Universiteit van Southampton wat die perd se ligging tot die son in ag neem en dit voorstel as ‘n sonnnestelsel perde, wat die mitologie ondersteun dat die son deur die hemelruim getrek word deur ‘n perd of in ‘n ‘chariot”. In die middel van die winter wanneer dit lyk of die son die perd verbysteek.

Nog ‘n foto van die Uffington wit perd

Die lang man van Wilmington

In Dorset, Engeland, is twee reuse kalk-figure. Die een is die Cerne reus, op ‘n heuwel bokant Cerne Abbas, noodwes van Dorchester. Hy is 180 vt lank, en die grootste mens kalkfiguur in Engeland. Niemand weet wie die reus geskep het nie.

Die Osmington witperd van kalk is in Dorset en die enigste kalkfguur van perd met ruiter.

Lees meer oor die reuse kalkfigure in Engeland

https://britishheritage.com/all-the-white-horses/

https://www.dorsetaonb.org.uk/explore/a-time-and-a-place/62-chalk-hill-figures