Die mondskilders van Durbanville


Hulle skilderye slaan jou asem werklikwaar weg, dié mond-skilders by Huis André Olivier in Durbanville. Almal wat hier woon, is van die nek af ondertoe verlam en skilder met hul monde. Haidee Muller het van hul skilderye gesien en besluit om van die talentvolle skilders self te gaan ontmoet.

Kom ons luister:

 

IMG-20150526-WA0006

Patrick Botto skilder al ‘n hele paar jaar met sy mond ná hy van die nek af ondertoe in ‘n ongeluk verlam is. Hy sê mense kan gerus hul skilderye koop.

20150526_122008

Patrick Botto saam met sy maat Henry Afrikaner. Henry verf ook met sy mond en die twee woon in dieselfde sentrum in Durbanville. Henry speel rolstoelrugby.

Patrick Botto se kunswerk

Patrick Botto se kunswerk

20150526_121956

Patrick Botto se kunswerke

Kategorieë