Gewilde Joune terug op Oggend op RSG


Joune, die gewilde musiek-insetsel in Oggend op RSG, word weer…joune.

Dit beteken jy stuur weer soos van ouds jou wenslys met vier kontemporêre musieksnitte na Martelize Brink. Sy kies so drie snitte, speel dit voor en siedaar, jou klein musiekversameling is daar vir alle luisteraars om te hoor.

Joune is van April Maandae tot Vrydae net na die 11:00 nuus op RSG te hoor.