Luister Maandagaand na Sam Cooke, Koning van Soul


Die Midas van musiek is die musiekreeks op Maandagaande. Dit is saamgestel en word aangebied deur Kobus Burger.

In die Griekse mitologie was Koning Midas geseën met ‘n besondere gawe – alles wat hy aangeraak het, het in goud verander.

As ‘n mens van popmusiek praat, was die maatstaf vir sukses dikwels goue status vir albumverkope. En tog is daar sangers, liedjieskrywers en selfs produksieleiers wat met die Midas-aanraking kon spog sonder dat hulle altyd daardie miljoene kortspelers of albums verkoop het.

Die kunstenaars wat Kobus Burger gekies het, toon almal hierdie spesiale goue aanraking in vertolking, liedjieskryfvernuf of sang, maar sonder dat hulle alslag die erkenning daarvoor geniet het.

Ontmoet en luister na die musiek van ‘n groep sangers, vertolkers en komponiste met die goue aanraking. Ons reis deur onder andere Griekeland, Indië, Amerika, Italië, Australië, die Kaap-Verdiese eilande en Brittanje – en nie altyd op soek na verbysterende plateverkope nie, maar ‘n kreatiewe tydloosheid wat hierdie groep kunstenaars die Midas-musikante van die popbedryf maak.

Luister Maandagaand

20 Augustus 2018, Episode 8

Sam Cooke

Sam Cooke

Die bokser Muhammad Ali (alias Cassius Clay) het hom die wêreld se grootste rock ‘n roll-sanger genoem. Sam Cooke word steeds gereken as die “Koning van Soul-musiek”, maar het ook diep spore in die pop- én rockbedryf getrap. Sy groot treffer “You Send Me” het boonop Elvis Presley se “Jailhouse Rock” uit die no. 1-posisie in die treffersparades geskop. Hierdie program bevat 15 van Sam Cooke se grootste treffers.



Het you geweet?

Nina Simone

Bob Dylan het na haar verwys as ‘dinamiet’, terwyl Roger Caras gesê het sy is ‘n ‘Sondagskoolpiekniek’. Tog is Nina Simone alombekend as “The High Priestess of Soul”.

Die Hollywood-klankbaankomponis Hans Zimmer het ‘n spesiale sintetiseerder gebou om die klankbaan vir die ‘Batman’-fliek “The Dark Knight Rises” te komponeer. Uit eerbied en bewondering vir Giorgio Moroder, oftewel die Vader van Disko, het hy die sintetiseerder “Giorgio” gedoop.

Hierdie is net ‘n paar van die interessante musiekfeite in RSG se nuwe Maandagaand-musiekreeks, “Die Midas van Musiek”.

Kunstenaars wat in Julie en Augustus op die program bekend gestel is

Nina Simone, Giorgio Moroder (Looky Looky seker van bekendstes), Peter Gabriël & Louis Armstrong en KD Lang.

13 Augustus 2018, Episode 7

Suzanne Vega

Suzanne Vega

Die sangeres en liedjieskrywer Suzanne Vega het die loopbane van kunstenaars soos Tracy Chapman beïnvloed en word steeds onthou as die “Moeder van die MP3”.

Haar platemaatskappy het verwag dat sy skaars 30 000 eksemplare van haar debuutalbum sou verkoop, maar sy sit toe meer as ‘n miljoen albums van die hand.

Die 59-jarige Amerikaner word vandag nog gereken as een van die briljantste liedjieskrywers van haar generasie…


6 Augustus

Roberta Flack



30 Julie


‘n Jong Louis Daniel Armstrong

Kunstenaars wat jy nie moet misloop nie

Petula Clark, en vele ander.