Smeltkroes bind alle musieke saam


MAANDAG 12 NOVEMBER

20:00 Smeltkroes DEBUUT

 

Luna Paige

Afrikaanssprekendes van die Kaap vind hul wortels wyd en syd. Hier is nou ‘n smeltkroes van verhale (lief én leed) met die oorsprong uit Afrika, Europa en die Verre-Ooste. Het die dice vir jou sus of so geval? Of heeltemal die ander way?

SMELTKROES is ‘n konsepwerk van Luna Paige met die musikale verwerkings van Ramon Alexander. Met hierdie opdragwerk ervaar die luisteraar hoe ons deur taal aan mekaar verbind is. “Afrikaans sing in ‘n duisend stemme…” en dis ok!

Cape Jazz, Ghoema, Township, Boeremusiek is alles in die ryk geskiedenis soos vertolk deur Luna Paige en Ramon Alexander in ‘n opwindende afskopproduksie van RSG:Skatkis 2018.

Johan Rademan (regie), Luna Paige (konsepwerk) en Ramon Alexander (orkesleier en musikale verwerkings) tydens die opname van die openingsproduksie, SMELTKROES, van RSG Skatkis 2018

Johan Rademan (Regisseur) skryf:
“‘n Debuutproduksie wat jou tot musikale insigte sal dwing oor hoe die vurk in die hef steek van ons Europese erfenis, Khoi-afkoms en Slawe-kultuur wanneer dit saamvloei in Cape Jazz wat deur die Ramon Alexander-orkes uitgevoer word. Bekende skrywers en digters word in hul werk betrek oor die unieke verskynsel in Suid-Afrika en daar word ook musikale hulde gebring aan rolmodelle van die Kaapse vlaktes wat nie altyd oral platvorms gekry het om hul talent te laat geld nie.”

Luna Paige sê:
“Ek onthou die TV reeks ‘Ella Blue’. Oor ‘n gemeenskap in twee geskeur oor die kleur van hulle velle. Daai tyd in die 50s en 60s toe families van mekaar geskei is oor hulle nie dieselfde lyk nie. Ek het meer en meer begin gesels, en mense het hulle stories begin deel. Hoe sad dat daardie einste families vandag totaal ander realiteite leef. Mense wat eens mekaar se skoonheid kon waardeer en liefhê… skielik in oordeel. Vervreem van mekaar.”

Ramon Alexander sê:
Cape Jazz is ‘n mengsel van verskillende alledaagse musiekvorme. Westerse korale, langarm, rhythm en blues, American jazz en dan ook die oorblyfsels van die musiek van die Khoi Khoi en Oosterse slawe – ‘n getuigskrif van al die geskiedkundige invloede op die bruin gemeenskappe van die Kaap. Die klanke en ritmes in die musiek resoneer. Dis Suid-Afrikaans. Dis almal se klanke. In Sons of Captains bied ek eer aan my musikale rolmodelle, Robbie Jansen en Gerald Mac McKenzie. Robbie Jansen was lid van The Sons of Table Mountain, die Rockets, Pacific Express en Spirits Rejoice. Al hierdie orkeste het ernstige musikale bydraes tot ons land se musikale repertoire gelewer. Gerald Mac McKenzie was in die groep The Geniunes – musikante in die Voëlvry beweging het die orkes ook geken.

Die Smeltkroes-geselskap

Marlo Minnaar

Luna Paige (vervaardiger, sangeres, liedjieskrywer)

Ramon Alexander (musikale verwerkings, komponis, pianis)

Annemie Nel (tromme)

Chadleigh Gowar (baskitaar)

Bradley Prince (kitaar)

Marlo Minnaar (akteur)

Ghaireyah Fredericks (akteur)

Riccardo McCarthy(SAUK-produksie-regisseur)

Johan Rademan(regie)

RSG Skatkis – Die SMELTKROES-geselskap: Annemie Nel (tromme), Johan Rademan (RSG-regisseur), Chadleigh Gowar (baskitaar), Luna Paige (konsepwerk en sanger/musikant), Muneeb Hermans (trompet), Riccardo McCarthy (SAUK-musiekregisseur), Albert Claasen (SAUK-produksie-assistant) Ramon Alexander (musikale-regisseur en orkes-leier). Voor: Bradley Prince (kitaar)

Reedsbestaande of nuutgeskepte werke en verwysings van:

Nathan Trantraal

Diana Ferrus

Shirmoney Rhode

Nathan Trantraal

Ghaireyah Fredericks

Diana Ferrus

ID du Plessis

Dana Snyman

Catherine Willemse

Anton Goosen (verwerk vir Smeltkroes)

Hoor jy nie die Ghoema? – Gaireyah Fredericks, Marlo Minnaar en Luna Paige in SMELTKROES

Ramon Alexander – orkesleier, pianis, komponis en musicale verwerker van SMELTKROES

Kitaarspeler in SMELTKROES – Bradley Prince

Trompetspeler in SMELTKROES – Muneeb Hermans

SMELTKROES: Baskitaar – Chadleigh Gowar

SMELTKROES: Annemie Nel – tromme in SMELTKROES

Marlo Minnar en Gaireyah Fredericks in SMELTKROES tydens die opname van RSG Skatkis se openingsproduksie Maandagaand 12 November om 20h00