Musiekkonserte in die Wildtuin!


Liefhebbers van klassieke musiek en die natuur kry die geleentheid om een van Suid-Afrika se gunsteling feeste te beleef. Barok in the Bush is ‘n spesiale reeks Barok-konserte wat plaasvind oor drie dae in September by Shingwedzi in die Krugerpark. Sestien musikante onder leiding van Suid-Afrika se gunsteling maestro dr Richard Cock bederf feesgangers behoorlik met onvergeetlike musikale optredes.

Vanjaar is die 24ste bestaansjaar van die fees en Shingwedzi word allerweë beskou as die perfekte ligging vir ‘n musikale ervaring soos hierdie. Die konserte vind plaas onder ‘n ruim rietveranda met ‘n pragtige uitsig oor die Shingwedzi rivier.

September is een van die gewildste besoektye in die park. Die dae is warm genoeg om ‘n middag by die swembad te ontspan, die aande is helder en met sterre besaai, die bome blom en soms is ons gelukkig om ‘n reënbui te kry.

Voorwaar ‘n unieke manier om die skoonheid van die Afrika-bos te beleef.

2018 seisoen

Vanjaar is daar drie vertonings:

Baroque 1:  17 – 20 September

Baroque 2:  20 – 23 September

Baroque 3:  23 – 26 September

Waar: Shingwedzi kamp, Kruger Nasionale Park

Akkommodasie: daar is ‘n paar hutte en baie kampgeriewe beskikbaar

Meer inligting: klik hier vir tariewe en besonderhede

Besprekings: kim@montybrett.com of 082 824-9378