Viva Voce: ons nuwe Sondag-musiekreeks oor stemme


The Kings Singers

Warm solank jou stem op vir VIVA VOCE ‘n splinternuwe musiekreeks op Sondagoggende om 10:00. Die reeks is ter viering van die stem en is saamgestel deur Esté Gross

Esté vertel meer oor die reeks

“Die komponis Richard Strauss het gesê dat die stem die mooiste instrument is wat daar bestaan, maar dat dit ook die moeilikste is om te bemeester.”

Die reeks het ten doel om juis die veelsydigheid en uniekheid van die stem te vier. Sang het ook die vermoë om mense byeen te bring. Of hoe het die dirigent Philip McLachlan gesê: “Vrees niet waar weerlinkst het lied, slechte mensen zingen niet…”

Die stem is ’n instrument wat jy onmoontlik kan tem en verken deur net te fokus op een genre en daarom gaan die net  in VIVA VOCE wydgespan word.

The Swingle Singers

Verwag enigiets: A cappella, kore, ensembles en soliste wat op ‘n manjifieke manier maneuver met hulle stemme.

Jy gaan byvoorbeeld kan luister na die klassieke sangers THE KING’S SINGERS, die Country acappella groep HOME FREE, die solis BOBBY MCFERRIN en die popgroep PENTATONIX. Die ANDREWS SISTERS en IVAN REBROFF gaan ook ‘n draai kom maak.

Soos die skrywer Willa Cathar gesê het: “Al die intelligensie en talent in die wêreld maak nie van iemand ’n sanger nie. Die stem is wild en ‘n ongetemde ding. Dit kan nie tot sy reg kom in gevangenisskap nie.”

Home Free

Peter Hollens