Skep ‘n Paaskuiken met suikerkuns


Hoe maak mens ‘n paaskuiken uit ‘n paas-eier met suikerkuns?

Suikerkunstenaar Marlene Schoeman wys hoe in 8 stappe. (Haar webblad is www.casmien.co.za)

Stap 1

Rol 2 balletjies oranje plastiek versiersel in druppels. Druk plat en sny twee gleufies met messie. Maak toonjies mooi met vingers. Plaas langs mekaar, maak effens nat met kwassie en plak paaseier bo op vas.

Stap 2:

Rol 2 balletjies oranje plastiek versiersel in druppels. Druk plat en sny twee gleufies met messie. Maak toonjies mooi met vingers. Plaas langs mekaar, maak effens nat met kwassie en plak paaseier bo op vas.

Stap 3:

Rol stukkie groen plastiek versiersel uit, maak tekstuur met koukiepen doppie. Plak hoender op grassies vas met bietjie water. Plak plastiek versiersel blommetjies vas op grassies.

Stap 4:

Rol stukkie wit plastiek versiersel in druppel vorm. Druk plat en snipper met skêrtjie. Bietjie water om stert vas te plak.

Stap 5:

Wit plastiek versiersel rol twee druppel vorms, buig in “c” vorm en druk plat. Snipper ronde kant met skêrtjie soos veertjies. Plak aan kante van lyfie vas met bietjie water.

Stap 6:

Stukkie oranje plastiek versiersel rol in druppel vorm. Sny oop met skêrtjie en plak op gesig met met water. Maak twee gaatjies met tandestokkie vir neusgate. Rol 3 klein stukkies wit plastiek versiersel in wurmpies met skerp punte. Plak op kop vir kuifie.

Stap 7:

Rol stukkie blou plastiek versiersel uit en sny driehoek. Klomp wit balletjies wit plastiek versiersel, druk plat en plak op driehoek vas. Plak kopdoek op kop met water dat kuifie uitsteek.

Stap 8:

2 Klein stukkies blou plastiek versiersel wat in druppels gerol en plat gedruk is kan onder ken vasgeplak word om soos knoop onder ken van kopdoek te lyk. Ogies kan met eetbare velt pen ingeteken word.