2 tot 16 in 80 minute nou op CD


Die klavierkonsert ‘2 tot 16 in 80 minute’ waar agt pianiste uiteindelik op vier vleuelklaviere gespeel het, was een van die groot treffers op die tweede RSG Op-die-Lug Kunstefees. Nou is hierdie belewenis op CD beskikbaar.
Die snitte op die CD sluit gewilde werke in soos die Wals uit Faust, die Halleluja-koor, Ave Maria, ’n vuurwarm Samba,  Ragtime, asook Potjiekos vir Klawers en nog baie ander.
Dis beslis ‘n ideale Kersgekenk.
Luister na ‘n uittreksel van die konsert:

Die CD is slegs beskikbaar by Salon Musiek by die Brooklyn Mall, telefoon (012) 346-3474, of bestel dit op die webwerf  www.classictunes.co.za.

Die omslag van die nuwe CD

Die omslag van die nuwe CD: 2 ror 16 in 20 Minute

Piano Extravaganza_Back cover_outside