Jy is genooi na Banket met Nataniël


nataniel25

Banket met Nataniël is ‘n unieke feesmaal met Nataniël op sy beste, alleen agter die mikrofoon en voor ‘n gehoor. Deel in hierdie spyskaart van stories, resepte, onthaalwenke, etiket en kosgeskiedenis met ongewone musiek en die verhaal van tafeldek om alles af te rond. Luister, raak lus, lag en leer met Nataniël. Intiem, opwindend en onvoorspelbaar is van die elemente van hierdie onvergeetlike kuier en fees-afsluiting.