Omstrede Jonkmanskas op radio


Die Jonkmanskas deur Koos Prinsloo 

[DEBUUT]

Wyle Koos Prinsloo

Wyle Koos Prinsloo

Een van Afrikaans se mees omstrede skrywers, ‘n vernuwer en verskuiwer van literêre grense – wyle Koos Prinsloo – het in 1982 gedebuteer. André Kotzé het die titelverhaal van “Die Jonksmanskas” as ‘n radiodrama verwerk. Dit is ‘n uitsonderlike verhaal van konflik – tussen geslagte, gender, etniese groepe en veral die stryd binne een mens.

Met Wessel Pretorius, Lida Botha, Martelize Kolver, Leon Kruger, Roeline Daneel, Esther von Waltsleben, Geon Nel & Piet Beyers

Regie: Joanie Combrink