Die woordketting 2


Die woordketting 2 met Ilse Salzwedel en die digters Diana Ferrus, Andries Bezuidenhout en Philip de Vos, voorlesings deur Elize Cawood

Die digters toor met woorde en borduur vanjaar vrolik voort op verse van onder andere Boerneef en Barend J. Toerien. Daar is ook kans om ‘n gunsteling-gedig te herbesoek. En dan moet hulle binne vyf minute ‘n bekende en klassieke, Afrikaanse gedig nuwe lewe gee. Kom luister en lag saam. Poësie was lanklaas soveel pret en plesier.