Drama: Engel met ‘n hamer

Drama: Engel met ‘n hamer

Opdragwerk drama: Die lewe van Beyers Naudé
Uitsaaidatum: Sondag 13 November om 18.00

csdn7hjweaazemkbeyers_naudeJoey van Niekerk se opdragwerk, Engel met ‘n hamer, oor die lewe van die dominee, teoloog en anti-apartsheidaktivis Beyers Naudé beloof om ‘n feeshoogtepunt te wees.

Dit is die eerste keer dat Naudé se verhaal in ‘n drama vergestalt word en word moontlik gemaak met ‘n borgskap deur die Cordis Trust. Dit is ‘n tydlose liefdesverhaal, maar terselfdertyd ‘n drama oor geloof en hoop.

Luister hier na die promo van die drama:

Agtergrond
Naudé het 14 eredoktorsgrade in sy leeftyd ontvang, asook onder meer die Franklin D. Roosevelt Four Freedoms Award in die VSA.
Hierdie opdragwerk is ‘n geskiedkundige drama oor die lewe van die dominee, teoloog en anti-apartheidsaktivis Beyers Naudé, ook bekend as oom Bey. Dit is die storie van iemand wat die moed gehad het om te sê: “Tot hiertoe en nie verder nie. Ek mag nie langer stilbly en niks doen nie.” Tussendeur die onstuimige gebeure vertel die bekroonde radiodramaturg Joey van Niekerk ‘n aangrypende liefdesverhaal. Bowenal is dit ‘n drama oor geloof en hoop.

Met André Weideman, Cintaine Schutte, Juanita Swanepoel, Johann Nel, Susanne Beyers, Deon Lotz, Johann Stassen, Ronél Geldenhuys en Pieter Cillié

Regie: Eben Cruywagen

En hier is ‘n kykie agter die skerms tydens die opnames van die program:

Voor v.l.n.r.: Juanita Swanepoel (ILSE NAUDÉ in haar latere lewe); Cintaine Schutte (jonger ILSE NAUDÉ); Susanne Beyers (ADA NAUDÉ) en André Weideman (jonger BEYERS NAUDÉ). Agter v.l.n.r.: Johann Nel (BEYERS NAUDÉ in sy latere lewe); Pieter Cillié (JOZUA NAUDÉ); Ronel Geldenhuys (Liesel) en Deon Lotz (FRANS).

engel-1a

Van die akteurs in Engel met ’n hamer wag buite die ateljee vir hulle tonele om opgeneem te word. Links voor: Pieter Cillié (JOZUA NAUDÉ), Links agter: Johann Nel (BEYERS NAUDÉ in sy latere lewe).Regs agter: Susanne Beyers (ADA NAUDÉ) Regs voor: Deon Lotz (FRANS)

Links voor: Susanne Beyers (ADA NAUDÉ). Links agter: Deon Lotz (FRANS). Regs agter: Pieter Cillié (JOZUA NAUDÉ). Regs voor: Johann Nel (BEYERS NAUDÉ in sy latere lewe)

Links voor: Susanne Beyers (ADA NAUDÉ). Links agter: Deon Lotz (FRANS). Regs agter: Pieter Cillié (JOZUA NAUDÉ). Regs voor: Johann Nel (BEYERS NAUDÉ in sy latere lewe)