Drama oor Audrey Blignault: Oulap se Rooi


‘n Oulap se rooi DEBUUT

Uitsaaidatum: Dinsdag 15 November, 20.00
woutrine-theron
audreybligMet Woutrine Theron. Saamgestel uit die werk van Audrey Blignault deur Woutrine Theron

Audrey Blignault van Bredasdorp was vir ‘n paar geslagte een van Afrikaans se bekendste, gewildste en mees geliefde rubriekskrywers, maar ook ‘n radio-omroeper en redakteur van Die Huisvrou. Ter viering van haar 100ste verjaardag vanjaar, het die aktrise Woutrine Theron ‘n Oulap se rooi uit haar werke saamgestel. Eben Cruywagen het die teks vir die radio verwerk. Kom reis saam met die skrywer (vertolk deur Theron) deur die strate van haar hartsplek, staan stil by kosbare herinneringe en onthou – saam met ons – hierdie merkwaardige skrywer.

Ander stemme sluit in Jannes de Beer, Henry Jacobs, Nina Marais, Martin Headger, Casper Lourens, Hendrik Havenga, Sarien Taylor, Marnus Haasbroek, Christelle van Tonder, Alta Engelbrecht, Suné Senekal, Willem Engelbrecht, Hanno Labuschagne en Jayson Jacobs.

Regie: Christelle Webb-Joubert

Luister hier na die promo:

Kom loer agter die skerms in tydens die produksie:

 

dsc02580  dsc02582

dsc02589

dsc02591

dsc02594

dsc02601

dsc02603

dsc02608

dsc02609

dsc02610

dsc02618