William Shakespeare se Twaalfde Nag

William Shakespeare se Twaalfde Nag


Drama: Twaalfde Nag deur William Shakespeare DEBUUT
Uitsaaidatum: Maandag 14 November 20.15
Uys Krige se vertaling van William Shakespeare se komedie, Twaalfde nag, is ‘n viering van dié tydlose dramaturg se heengaan 400 jaar gelede. Die stuk is vanjaar 415 jaar oud en stel hoë eise aan die spelers wat meer as een rol moet vertolk. Die regisseur Bettie Kemp het die stuk spesiaal vir die radio verwerk.

Luister hier na die promo:

Twaalfde nag was die heel eerste vollengte- Shakespeare-drama wat op die BBC-radiostasie uitgesaai is. Die fraaie Viola vermom haarself as ‘n jong man en op die verhoog kan die gehoor dit sien. Vir die radio moet daar nuwe planne beraam word om dié belangrike intrige te laat slaag!

Simon Bruinders

Simon Bruinders

mari_molefe_propic

Mari Molefe van Heerden

 

Met Simon Bruinders, Eloise Cupido, Ducan Johnson, Denver Vraagom, Mari Molefe van Heerden, Esmeralda Bihl, Mortimer Williams, Johny Klein & Bradley Olivier
Regie: Bettie Kemp

Hieronder kry jy ‘n kykie agter die skerms tydens die opname van die drama in die ateljee in Aucklandpark.

 

 

dsc02546

dsc02566

dsc02541

dsc02540