Kunsteprofiel: Marius Titus


Debuut
Gedigte: Marius Titus (70)
Uitsaaidatum: Maandag 14 November 10.10, Dinsdag 15 November – Vrydag 18 November, 11.35

marius-titus-3Die Stellenbosse digter en dramaturg Marius Titus is veral bekend om sy tydlose gedig, “Skryfwerk”. Sy verse is al in onder andere die Groot Verseboek, Poskaarte, Nuwe verset en As die son kom oogknip opgeneem, maar hy publiseer ook verskeie bundels self, soos Oop gemoed.

In ‘n reeks versprogramme kan luisteraars sy werk van die afgelope sowat drie dekades beleef. “My bydrae lê op die vlak van menswees, waar ek alledaagse mense, in hul daaglikse lief en leed, hopelik sal vind,” het Titus reeds in 1988 geskryf. Met gedigte soos “Koffiedrink” spreek Titus nou – dekades later – steeds op ‘n diep dog vermaaklike vlak tot ‘n ieder en elk.

marius-titus-4

Hier is die gediggie wat hy geskryf het vir die RSG KUNSTEFEES SE “LAUNCH”
16 September 2016

Dis organiseerders wat die kunseter stip intuur
oorgehaal om die kunste van stapel te stuur
knoop die laaste los draadjies aanmekaar
om die fees se adventstatus te verklaar.
RSG het die kunsgenres hoorbaar verpak
om aan ontvanklike ore vas te plak,
het besluit om die fees oor die lug uit te giet
sodat ek dit gerieflik, verniet kan geniet.