Sondag 16h05 – Gedigte: Woorde lok woorde


Versprogram: Woorde lok woorde
Uitsaaidatum: Sondag 13 November 16.05

myburghfocusweb‘n Spesiale versprogram waarin gedigte oor landskappe, taal en verganklikheid gehoor kan word. Die verse kom uit Johan Myburg se nuwe, nog ongepubliseerde bundel, Uittogboek, wat volgende jaar by Protea verskyn.

Myburg het in 1984 met Vlugskrif gedebuteer en dit met Kontrafak opgevolg. Kontrafak het in 1995 die Eugène Marais-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ingepalm.

Die bundel Kamermusiek – beskryf as ‘n “moet-hê vir enige fynproewer se rak” – het in 2008 gevolg.

Voorleser: Louis van Niekerk

Regie: Ina Strydom

Luister hier na die promo:

Ina Strydom vertel meer oor die produksie en Louis lees.