Kinderstories: Die Dingusse

Kinderstories: Die Dingusse


Kinderstories: Die Dingusse deur Kobus Ras DEBUUT

Uitsaaidatums: Maandag 14 November 19.00, Dinsdag 15 November 19.00, Woensdag 16 November 19.00, Donderdag 17 November 19.00 en Vrydag 18 November 19.00.

Met Johny Klein en Renske Jacobs
Luister na die promo:

Die Dingusse is ‘n hele gesin rare, snaakse “goeters” wat saamwoon en besonder geheg is aan mekaar. Al probleem is dat nie een hierdie vreemde goetertjies ooit die ander sal kan verlaat nie… Kom beleef ‘n rits avonture saam met die Dingusse!

Kobus Ras (foto regs) het 36 jaar gelede Die Dingusse vir sy driejarige seun, Kobus jnr., geskryf. Die stories het meer as drie dekades in ‘n laai gesluimer en debuteer nou tydens vanjaar se radiokunstefees.

Regie: Renske Jacobs

Kobus en Renske vertel meer: